Een van ons gemeentelede, Johan Joubert, het besluit om Afrika op 'n fiets aan te pak....
Waarom, Hoekom, Waar kom die rit vandaan…..
Johan skryf:
"Ek het 31 Desember 1976 my Diensplig op Voortrekkerhoogte, Pretoria voltooi. 1 Januarie 1977 het ek met my 5-spoed Ralleigh fiets vanaf Pretoria na Bredasdorp en Kaap Agulhas getrap. Daar in die Vrystaat en Karoo het ek besluit dat ek nog eendag Kairo toe wil trap.
Die tyd het aangebreek......."
Hy het al 21 Junie 2016 begin en trek nou in die Caprivi!!!
Julle kan sy vordering dophou op sy Blog: Johan Cycle Africa.
KLIEK HIER VIR SY BLOG
Johan, ons bid vir jou:
Num 6:24-26
Die HERE sal jou seën en jou behoed;
die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.