Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

God is Getrou/Betroubaar

Ek kan Hom vertrou om altyd Sy beloftes na te kom!

Miskien sit jy hier vandag en jy is al innig seer gemaak deur mense naby aan jou, dalk het jy die mense in jou lewe vertou maar hulle het jou al telke male teleurgestel? Miskien voel jy op hierdie oomblik dat daar niemand is wat jy kan vertou nie en as iets moet gebeur jy dit maar self moet laat gebeur of as daar iets is om te doen jy dit maar self moet doen.

Wie van ons is nog nie teleurgestel deur die mense naby ons nie? Die waarheid is dat die mens maar mens bly, vol foute en die gawe om teleur te stel. Ek is seker as jy gaan terug kyk in jou verlede het jy ook al die mense naby jou teleurgestel. Gelukkig is daar vir ons vergifnis hiervoor by God. En alhoewel vertroue in die wêreld na ‘n hopelose situasie lyk is daar baie goeie nuus:

God is getrou en betroubaar!
Num 23:19: God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
Psa 89:8: o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!
Psa 36:5: o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
2Kor 1:20: Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.
Sp 3:5: Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
Ps 37:3: Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal sorg;

God se getrouheid beteken dat, in ‘n wêreld waar alles onseker is, mense nie vertou kan word nie en alles net tydelik is:

• Daar sekuriteit en stabiliteit is by God.
• God vas staan soos ‘n rots en Hy nooit verander.
• God gister, vandag en more dieselfde is.
• God eerlik is en nooit lieg nie, in Hom is net waarheid te vinde.
• God geloofwaardig en opreg is. Hy lieg nooit, het nog nooit en sal ook nooit nie.
• God toegewyd is tot jou en Sy plan vir jou lewe.
• Geen gebeurtenis kan God beperk of maak dat Hy onbetroubaar optree nie.
• Dat as ek volgens God se wil/beloftes bid, Hy dit vir my sal gee.
Approximately 2500 prophecies appear in the pages of the Bible, about 2000 of which already have been fulfilled to the letter—no errors. The remaining 500 or so reach into the future and may be seen unfolding as days go by.

Minderwaardigheid:
Die probleem is dat as jy met minderwaardigheid sukkel en glo dat jy nie God se beloftes waardig is nie, sal jy ook nie ‘n verwagting koester vir God se beloftes om oor jou waar te word nie, jy sal nog minder God vertrou om dit te doen wat Hy belowe.

Wat dink jy sal gebeur as God in jou oor die beloftes van Sy hart vir jou fluister?

Hoekom is jy waardig:
Jy moet verstaan dat as ‘n Christen is jy outomaties geregtig op al die goeie dinge wat die Here in Sy Woord belowe. Verseker nie as gevolg van iets wat jy persoonlik gedoen of bereik het nie. Jy is waardig omdat God so sê, omdat jy Jesus Christus as jou Verlosser aangeneem het en Hy jou daardeur gered het van ‘n lewe vol sonde, bindings en dood. Jy is waardig, het die reg om waardig te voel en het die reg tot elke goeie gawe wat God jou wil gee omdat Jesus gesterf het om vir jou daardie reg te gee. En as jy glo dat jy nie waardig is vir enige sukses, oorwinning, vreugde, vrede of enige ander goeie ding, funksioneer jy nog volgens die vyand se plan.

Dus, dit maak nie saak wat jy gedoen het nie, wat jy tans doen of nog gaan doen nie maar die erkenning dat jy die wedergebore kind is van die Allerhoogste God. Dit gaan nie oor werke wat jy moet doen, jy het alreeds die heel belangrikste ding gedoen: Jesus aangeneem.

Jy sien daar is niks wat jy kan DOEN om waardig te wees nie, jy IS alreeds waardig omdat God so sê.

Indien jy nogsteeds glo dat jy nie waardig is nie moet jy jouself afvra hoekom nie? Het jou ouers, onderwysers, familielede of vriende jou minderwaardig laat voel, jou konstant afgebreek en vertel hoe sleg jy is? Moes jy konstant goeie dinge doen sodat jou ouers aanvaarding en liefde aan jou betoon. Is daar iemand wat jou tans konstant afbreek en sleg oor jouself laat voel?

Moontlike vrugte van iemand wat nie glo in hart dat God getrou is nie:
• Voel nie waardig om God se beloftes te ontvang nie.
• Voel nie so spesiaal en belangrik soos ander Christene.
• Voel alleen en eensaam in probleme en uitdagings in lewe.
• Probeer probleme self op te los.
• Dink nie eers daaraan om vir God vir hulp in situasies te vra.
• As hulp vra, hou jy aan probleem vas en gee dit nooit werklik oor in God se hande nie – probeer nog steeds self op los.
• Ervaar selde vrede en rus.
• Voel frustreerd, moeg en uitgeput.
• Voel moedeloos en hulpeloos, selfs depressief.
• Sien nie uit na toekoms, toekoms lyk vaal en donker.

God is getrou om:
My te beskerm van versoekings en die vyand:
1Kor 10:3: Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. Wanneer jy versoek word moet nie op die aantreklikheid van die versoeking fokus nie maar fokus op God se getrouheid om jou te verlos uit daardie versoeking.
My te vergewe self al is ek ontrou aan Hom:
Omdat ons steeds in ‘n vleeslike liggaam is het ons nog steeds die geneigheid om te sondig en dus ongetrou te wees. 2Tim 2:13: As ons ongetrou is, God bly getrou, God kan homself nie verloën nie. Maar jy moet opreg wees in jou belydenis en nie God se genade misbruik nie. 1 Joh 1:9: As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig en vergewe ons die sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
My van ongeregtighede skoon te maak:
Dit is God se plan dat jy heilig en deel moet wees van Sy Koninkryk plan. En Hy is getrou om die plan uit te voer. Fil 1:6: Ek is oortuig dat God wat ‘n goeie werk in julle begin het, end uit sal voer en volbring op die dag wanneer Jesus Christus kom.
Om al Sy beloftes na te kom:
Verkillende bronne gee verskillende inligting deur oor hoeveel beloftes God in die Bybel maak. Dit wissel tussen 3000 en 7000 beloftes. Dis egter irrelevant hoeveel beloftes daar is maar wat relevant is, is dat God getrou is aan elkeen van daardie beloftes. God sal jou nooit faal nie. Hy is betroubaar. Hy kan nie anders wees nie. Jou heilige en liefdevolle God is getrou.

Aksie stappe: bid saam met iemand anders (Jak 5: 13-14)
Teleurstellings in verlede: nou is die tyd om mense in die verlede wat jou teleurgestel het te vergewe sodat jy gehoorsaam kan wees aan God en vry kan kom van jou seer en teleurstelling.
• Maak ‘n lys van al hierdie mense se name.
• Vat dan een vir een en vra vir God om jou te help om hulle te vergewe soos Hy jou vergewe.
• Kies dan om hulle te vergewe en verklaar dit hardop.
• Vra God dan om die seer oor die teleurstelling in jou hard te kom genees en jou vertroue in Hom te herstel.
Mense wat jou afgebreek het: nou is die tyd om mense in die verlede wat jou afgebreek het te vergewe sodat jy gehoorsaam kan wees aan God en vry kan kom van jou seer en lae self waarde.
• Maak ‘n lys van al hierdie mense se name.
• Vat dan een vir een en vra vir God om jou te help om hulle te vergewe soos Hy jou vergewe.
• Kies dan om hulle te vergewe en verklaar dit hardop.
• Vra God om die seer in jou hard te kom genees en jou te wys hoe Hy jou sien.
• Vra God dan om die negatiewe woorde wat oor jou uitgespreek is te vernietig en jou nuwe gedagtes oor jouself te gee.

Maak dit jou eie: God is Almagtig

Oordenkings vrae?
1. Sukkel jy om God ten volle te vertrou?
2. Sukkel jy om, wanneer jy probleme het, dit totaal oor te gee in God se hande?
3. Voel jy alleen in die uitdagings en probleme in jou lewe?
4. Voel jy moedeloos, frustreerd of depressief?
5. Sien jy uit na die toekoms?

Lees:
Ps 9:11; Ps 37:3-5; Ps 40:5
Die leuen: “Ek kan nie God vertrou nie”
Die waarheid: “God sal my nooit in die steek laat nie, my nooit alleen laat nie, Sy beloftes staan vas en niks kan dit verander nie.” (ELOHIM: Sterk, Betroubare en Enigste ware God).”
Die leuen: “Ek is nie God se beloftes waardig nie”
Die waarheid: “Ek is God se beloftes waardig omdat ek aan Hom behoort en Hy my waardig maak.”

Opdrag:
Waarmee sukkel jy om God te vertrou? Maak ‘n lys van alles waarmee jy sukkel, al jou probleme en soek die waarheid oor God en jouself in die Woord maw vervang die leuen dan met die waarheid. Byvoorbeeld:

Areas nog nie filtreer met God
1) Finansies
2) Gewig / liggaam / gesond eet
Waarheid
1) Ps 37:3: Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal sorg;
2) Sp 3:5: Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Maak seker dat jy gedurig deur hierdie waarhede vir jouself herhaal sodat jou gedagtes vernuwe kan word en jy anders kan optree.

Bid dat:
1. God jou moet help om te kan onderskei tussen die leuen en die waarheid.
2. Die Heilige Gees binne in jou herinneringe en gevoelens moet kom en jou genees van enige seer in die verlede.
3. God Sy beeld van Homself binne in jou sal herstel.
4. God jou sal help Sy betroubaarheid te glo en om Hom volkome te vertrou in elke area van jou lewe.
5. God vir jou genoeg sal wees.

Lofprysing:
1. Verklaar aan God dat jy daarna smag om Hom as Betroubaar te ervaar en ook so op Hom te vertrou. Sê vir Hom in jou eie woorde hoe betroubaar Hy is.
2. Sit ‘n bekende aanbiddingsliedjie op en dans voor die Here. Beeld die woorde van die liedjie deur jou liggaamsbewegings uit. Om te dans is ‘n taal.

Skrif om te bestudeer:
Ps 40:5 Ps 65:6-8
Sp 3:26-26 Jes 30:15
Sp 3:5-6 Ps 9:11

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag31
Gister329
Afgelope Week988
Afgelope Maand3352
Sedert Feb 2014420825

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton