Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Wat gaan jou help om geestelik te groei?

Daar is nie `n eenvoudige of quick fix vir ons geestelike groei nie. Dit is `n daaglikse pad wat ons stap met die Almagtige God wat ons gemaak het en ons baie lief het. Soms VOEL dit vir ons of ons glad nie groei nie en ander kere voel dit of God net ongelooflik naby is. Maar… een ding is seker, ons kan nie op ons gevoelens staat maak om te bepaal of ons groei of nie. Ons gevoelens bedrieg ons meeste van die tyd, omdat ons soms net sien wat ons wil sien en hoor wat ons wil hoor. Baie keer in hierdie tye waar dit vir ons voel asof God baie ver is dan gryp ons na die naaste boek om ons in 7 stappe of 40 dae te help met ons geestelike groei. Al daardie boeke is goed, maar daar is geen waarborg dat dit ons gaan help om te groei nie en wat as die 40 dae verby is of jy klaar die 7 stappe gedoen het…? Ons moet eerder aanvaar dat ons soms dips in ons geestelike lewe gaan ervaar, maar dat wanneer ons swak is God baie sterk teenwoordig is in ons lewe. Ons kan dus lewe met die wete dat God elke oomblik by ons is en ons nooit sal verlaat nie. Hy soek `n verhouding met jou en of ons dit wil weet of nie, `n goeie gesonde verhouding vat tyd om te groei en te ontwikkel.

Daar is wel 5 middele wat broodnodig is om ons te help met ons verhouding met die Here, hulle is as volg:

 

Die Bybel
Die Bybel is God se manier om met jou te praat. Lees dus jou Bybel gereeld en skakel met jou omgeegroepleier of dominee indien jy nie lekker verstaan wat daar staan nie.
“en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,…” 1Pet 2:2 AOV

Gebed
Probeer om elke dag met God te praat. Sê vir Hom dankie, antwoord Hom op Sy Woord, vra Hom om jou sondes te vergewe, bid vir ander en ook vir die kerk en jy mag vir jou eie behoeftes ook bid.

Aanbidding
Woon byeenkomste by `n plaaslike gemeente by om saam met ander gelowiges die Here te aanbid.

Gemeenskap
Raak betrokke by `n selgroep, omgeegroep, uitreike en word deel van die groot Christen familie.

Getuig
Vertel ander mense van die keuse wat jy gemaak het om vir Jesus te volg. Deel met hulle die hoop wat in jou is.

Hierdie is nie paar stappe om ons beter te laat voel nie, inteendeel dit is glad so maklik om hierdie dinge te doen nie, dit vat harde werk en selfbeheersing. Maar dit is brood nodig as ons geestelik wil groei.

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag161
Gister186
Afgelope Week830
Afgelope Maand2060
Sedert Feb 2014419533

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton