Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

God is Almagtig

GOD IS ALMAGTIG – dus Hy kan my met enige iets help! EL-SHADDAI

Het jy al ooit in jou Christelike wandel gevoel asof jy stroom op teen die golwe swem? Jy probeer die regte dinge doen en sondes af lê maar jy raak moeg, misluk en word moedeloos.

Te veel Christene probeer die Christelike lewe deur hul eie krag lewe, hul probeer om die sonde deur hul eie krag te oorwin, probeer om van God te getuig deur hul eie woorde en probeer swaar tye te oorkom deur hul eie vermoëns.

Die slegte nuus is dat ons NOOIT in hierdie lewe deur ons eie krag in oorwinning sal kan leef nie.

Die goeie nuus:
Jer 32:17 U naam is Here die Almagtige

God is almagtig. God het slegs deur Sy woorde die heelal geskape. Dit word deur sterrekykers bereken dat die heelal uit meer as 100 biljoen Melkweë bestaan. Maar al die krag wat in die hele heelal saam gevat is, is maar ‘n klein verteenwoordiging van die onbeperkte krag van God. Die gesamentlike krag van die hele aarde se storms, winde, oseaan golwe en ander kragte van die natuur is nie eers gelyk aan ‘n klein deeltjie van God se almagtige krag nie.

Daar is so baie plekke in die natuur waar ons kan beleef en ervaar dat God Almagtig is, maar persoonlike ondervinding en persepsie beperk ons denke oor God se grootheid. Dink byvoorbeeld aan ‘n waterval. Elkeen se waterval se grootte en prag lyk anders in ons gedagtes.

1 Konings 10:1-7 Het die Koning van Skeba gewonder oor die wysheid en prag van Salomo en die Here wat hy dien – en tot haar verbasing toe sy gaan kyk was dit meer as wat sy haar kon voorstel.

Prediker 11:5 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van ‘n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles.

Josua 10:12-13 Dié dag toe die Here die Amoriete in die mag van die Israeliete gegee het, het Josua die Here om hulp gevra. Ten aanhore van Israel het hy gesê: “Son, staan stil in Gibeon, en maan, staan stil in Ajalonlaagte!” Die son het stilgestaan, die maan het nie geroer nie totdat Israel sy vyande verslaan het. Dit staan so geskrywe in die Boek van die Opregte. Die son het halfpad in die hemel bly staan. Byna ‘n volle dag was hy nie haastig om onder te gaan nie.

Alle krag/mag is nog altyd God sin gewees en sal Syne vir ewig wees. Enige krag wat ons het word aan ons gegee deur God.

God se krag kan nie beperk word deur enige mens, demoon of enige iets anders wat Hy geskape het nie. Mense en nasies is magteloos wanneer hul gekonfronteer word deur God se mag.

Omdat God almagtig is het Hy die vermoë en krag om enige iets te doen wat Hy wil solank as wat dit nie enige van sy ander karakter eienskappe skend nie. Geen taak is te groot vir God nie. Hy misluk nooit. Hy is nooit moeg, frustreerd of mismoedig nie.

Maar ons almagtige God gee om vir jou en Hy wil graag Sy krag in jou lewe openbaar en uitstort.

God kan jou help:
Maak nie saak wat jou in die gesig staar nie, God kan jou help. Niks is vir God te moeilik nie. Geen behoefte is vir God te groot om te bevredig nie. Geen probleem is vir God te moeilik om op te los nie. Geen vyand is te sterk vir God om te oorwin nie. Geen gebed is te swaar vir God om te beantwoord nie (Ef 3:20).

As jou hart en motiewe suiwer is en jou opreg daarna soek om God se wil te doen dan is daar, soos jy op God se krag staat maak, niks te moeilik wees vir jou nie (Fil 4:13).

Moontlike vrugte van ‘n persoon wat nie glo (in hart) dat God Almagtige is nie:

  • Maak op eie krag staat om probleme, uitdagings en sondes te oorwin.
  • Lewe ‘n kragtelose lewe.
  • Sukkel om sekere sondes te oorwin.
  • Sukkel om God volkome te vertrou.
  • Sukkel om te getuig van God en geloof te del met ander.
  • Voel swak en soos ‘n mislukking.
  • Voel oorweldig, moedeloos, hopeloos en selfs depressief.
  • Beleef konstant vrees oor gebeure in wêreld.

Ry die golf:
Te veel Christene probeer die Christelike lewe deur hul eie krag lewe, hul probeer om die see terug te druk soos hul vorentoe swem met al hul krag. Maar ons mis uit op die pure genot om die golf van God se Gees te ry.

Ons moet leer hoe om saam met die golf te swem. Klink eenvoudig genoeg nè? Maar dit vat fokus, in oefening, risiko, uithouvermoë, tyd, inspanning en moed.

Dit is presies wat Joh 15:5 oor handel. Jesus verklaar: “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra baie vrugte; want sonder My kan julle niks doen nie.”

In My: posisie van afhanklikheid wat ons moet in neem in Jesus Christus. ‘n Verhouding van rus in Christus. ‘n Posisie wat ons ten alle tye moet in neem.
Bly: remain; aankleef, verenig, afhanklik; leef in; staan in; teenwoordig in; posisie in; toestand; woon in; stil staan by; staande bly; volhard; aanhou; verhouding; verwagting – ons moet dit in oefen. Ons moet ook in die Woord (Bybel) bly. Jesus is die Woord (Joh1:1).
Ek in hom: krag, liefde, genade, voeding vloei van Christus na jou. Ontvang hulp soos nodig. Christus leer, lei en troos ons.
Vrugte: liefde; vreugde; vrede; vriendelikheid; geduld; goedhartigheid; getrouheid; nederigheid; selfbeheersing; uitoefening van genade teenoor ander; om goeie dade te doen; om soos Jesus Christus te wees.
Sonder My: verwyderd; op eie; deur self; lood nie sonder boom vrug dra – ons nie sonder God.

Ek dink aan saad wat in ‘n saadvorm 1000 jare so stil en oënskynlik lewelose kan wag vir die regte omstandighede om te ontkiem, dan kan dit groei in bome van 50 tot 84m hoog. Dit noem ek “abundant life”. Daar is ‘n groot misterie opgesluit in so ‘n saadjie – sy potensiaal.

Dit is hoe ons sonder God is: dood. Maar met Sy krag binne in ons is ons tot alles in staat. Ons moet egter in Hom bly. Om in die wynstok te bly, soos om die golf te ry, is nie ‘n passiewe aksie nie maar ‘n aktiewe aksie. Dit vereis inspanning, in oefening, risiko en vasberadenheid. Maar op die einde beleef ons die suiwere vreugde van God se krag wat ons vorentoe dra deur die Heilige Gees.

Om die golf te ry moet ons God vertrou om deur Sy onbeperkte krag van Sy Gees deur ons te lewe. Dit is wat die Bybel die Geesvervulde lewe noem.

Maar as jy nie vir God werklik ken nie, hoe kan jy Hom vertrou? En as jy Hom nie vertrou nie hoe sal jy ooit op Hom staat maak om jou ten volle bekragtig deur Sy Gees om bonatuurlik die golf te ry? Ons misluk meestal om die Geesvervulde lewe te leef omdat ons ‘n verkeerde siening het van wie God is.

So ek vra weer, voel jy asof jy teen die seestrome swem?

Die antwoord is nie om harder te swem nie maar eerder om:

  • God werklik te leer ken: bestudeer Bybel en wie God is, laat dan toe dat die waarheid jou gedagtes oor God vernuwe.
  • Te leer om God te vertrou: dat God jou self help in elke situasie en dat Hy krag vir jou sal gee.
  • ‘n Begeerte te hê om Geesvervuld te lewe: dus dat Heilige Gees jou bekragtig en lei.
  • God te vra om jou te vul met Sy Gees: dit is ‘n voortdurende lewenslange gebed.
  • Elke area van jou lewe oor te gee aan God: elke oggend maar ook deur die dag soos jy voor versoekings en uitdagings te staan kom.
  • Deur geloof die volheid van die Heilige Gees in jou lewe te eis (Ef 5:18 en 1Joh 5:14-15): elke oggend maar ook deur die dag soos jy voor versoekings en uitdagings te staan kom.
  • Dan Geesvervuldheid en selfbeheersing oor en oor in te oefen: elke keer eie wil neer le en deur God se krag die regte ding te doen. As jy misluk, dadelik te bely en weer oor te begin.

Uitdaging: Vat een ‘probleem’ waarmee jy sukkel (byvoorbeeld om gesond te eet en gewig te verloor):

  1. Erken aan God dat jy sukkel hiermee en dat jy dit nie op jou eie kan reg kry of oorkom nie.
  2. Verklaar jou afhanklikheid van God: gee dit oor aan God en vra Hom om jou te help daarmee want dit is net Hy en Sy wonderwerke (krag) wat dit kan verander.
  3. Glo en vertrou God dan om dit te kom verander in jou lewe.
  4. Bly in God, bly afhanklik van Hom en Sy krag om oorwinning te bereik.
  5. Getuig oor hoe God jou gehelp het om jou probleem te oorwin.

Maak dit jou eie: God is Almagtig

Oordenkingsvrae?

  1. Sukkel jy met enige sondes in jou lewe?
  2. As jy misluk probeer jy nog harder uit jou eie krag?
  3. Maak jy staat op God en Sy krag om jou lewe in oorwinning te leef?
  4. Is God vir jou genoeg of het jy altyd ander dinge ook nodig om jou gelukkig te maak?

Moontlike vrugte van ‘n persoon wat nie glo (in hart) dat God Almagtige is nie:

  • Maak op eie krag staat om probleme, uitdagings en sondes te oorwin.
  • Lewe ‘n kragtelose lewe.
  • Sukkel om sekere sondes te oorwin.
  • Sukkel om God volkome te vertrou.
  • Sukkel om te getuig van God en geloof te deel met ander.
  • Voel swak en soos ‘n mislukking.
  • Voel oorweldig, moedeloos, hopeloos en selfs depressief.
  • Beleef konstant vrees oor gebeure in wêreld.

Lees:
Ps 23:1; Ps 73:23-26; Kol 2:9-10
Die leuen: “God is nie genoeg nie”
Die waarheid: “God is genoeg. Wanneer ek Hom in my lewe het het ek alles wat ek nodig het (EL-Shaddai: Allmighty, All-Sufficient God).”

Opdrag:
Dink bietjie of jy werklik God sien:
a) As Almagtig in jou lewe en dat Hy oor die krag beskik om jou te help in elke area van jou lewe
b) Dat Hy genoeg is vir jou in elke area van jou lewe.
Lys dan die bogenoemde areas en soek die waarheid oor God en jouself in die Woord maw vervang die leuen dan met die waarheid.
Byvoorbeeld:
Areas nog nie filtreer met God

Waarheid

  • Ek sukkel met vrees veral oor geweld en inbrake.
  • Ps 18:3: Die HERE is my rots en my skuilplek en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en my sterk verlosser, my veilige vesting.
  • Ek sukkel met my eetgewoontes en draai na kos om spanning, hartseer en verveeldheid te hanteer.
  • Mat 5:6: Happy are those who’s greatest desire is to do what God requires; God will satisfy them fully!
  • Maak seker dat jy gedurig deur hierdie waarhede vir jouself herhaal sodat jou gedagtes vernuwe kan word en jy anders kan optree.

Bid dat:

  1. God jou moet help om te kan onderskei tussen die leuen en die waarheid.
  2. Die Heilige Gees binne in jou herinneringe en gevoelens moet kom en jou genees van enige seer in die verlede.
  3. God Sy beeld van Homself binne in jou sal herstel.
  4. God Sy Almag aan jou bekend sal maak en in jou hart werklik sal maak.
  5. God vir jou genoeg sal wees.

Lofprysing:

  1. Verklaar aan God dat jy daarna smag om Hom as Almagtig te ervaar en ook so op Hom te vertrou. Sê vir Hom in jou eie woorde hoe jy oor Hom voel.
  2. Sit ‘n bekende aanbiddingsliedjie op en dans voor die Here. Beeld die woorde van die liedjie deur jou liggaamsbewegings uit. Om te dans is ‘n taal.

Skrif om te bestudeer:
Gen 1:17 Luk 18:17
Job 37:23 Ef 3:20
Ef 5:18 1Joh 5:14-15

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag151
Gister262
Afgelope Week1082
Afgelope Maand2312
Sedert Feb 2014419785

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton