Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Ken jy My?

Lees Joh 14: 1-15

  • Kern verse:Joh 14: 9: “En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus?”
  • Joh 14: 15: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.”

Filippus en die dissipels was op dié stadium alreeds drie jaar saam met Jesus. Hulle het gesien hoe Jesus siekes gesond maak, lammes laat loop, blindes laat sien, dooies uit die dood laat opstaan en vele ander wonders wat net uit God se krag kon plaasvind. Maar al het hul al hierdie wonderlike dinge beleef en aanskou, was daar een kardinale ding wat die dissipels gemis het – intimiteit met Jesus. Hulle het kennis van Hom gehad maar nie intimiteit nie.  

Dit is wat Jesus ook vandag vir jou vra: ken jy My intiem en persoonlik, of weet jy net van My, het jy net baie kennis oor My, het jy in ‘n Christelike huis groot geword en baie van my gehoor,  gaan jy kerk toe, sien jy My werk, ken jy die Bybels? Jesus begeer jou intimiteit met Homself meer as jou werke vir Hom. Is jou fokus om te groei in jou kennis van Jesus of om te groei in ‘n intieme verhouding met Hom? Jesus begeer om jou intiem te ken.

In die vroeë kerk het die klem daarop  geval om ‘n intieme hart teenoor God te ontwikkel. Dit was die Hebreeuse manier. Die Bybel was nie bekombaar en toeganklik soos in vandag se tyd nie. Dus was die primêre aspek ‘n verhouding met God. En die sleutel tot ‘n gesonde verhouding met God was gehoorsaamheid (Hillman, 2009).    

Somtyds is dit makliker om kennis op te doen van Jesus en om hard te werk vir Hom as om intiem en persoonlik met Hom te raak.  Ons het ‘n lys van religieuse aktiwiteite wat ons moet voltooi om ‘reg’ te wees as Christen. Maar dit alles beteken en verrig absoluut niks as die aktiwiteite nie gedoen word in gesprek (teenwoordigheid, konneksie, intimiteit) met God. Wat se werk of aktiwiteite ons ook al wil doen vir Jesus moet die vrug wees van ons intimiteit met Hom (Joh 15:5).

Wat beteken dit om met Jesus intiem te wees (Hom te ken)?
Stong se woordeboek verduidelik ken in die vers as: toelaat, bewus wees van, voel, begryp, om oortuig / seker van te wees, om te verstaan.    

Ken en intiem te wees begin met om tyd saam met Hom te spandeer. Ons is net so naby aan Jesus soos ons kies om te wees. Hoe meer tyd hoe nader sal ons aan Jesus wees. Dit is wanneer mens tyd met iemand spandeer wat mens werklik daardie persoon leer ken, gemaklik raak by hom/haar, verstaan waarvan hy/sy hou en lief raak vir hom/haar. So is dit ook met ons verhouding met God.  

Omdat jy dan God ken, rus jy in Hom, skakel af by Hom, vind vrede in Hom en vertrou Hom in elke area van jou lewe.  

Vêrder is dit om God se wil te soek in alles wat jy doen. Om jouself af te vra of dit wat jy doen aanneemlik vir God is. En dus jou eie wil neer te lê, aan jouself te sterwe en gehoorsaam aan God te wees. Ons gehoorsaamheid aan God dui op ons intimiteit met Hom (Joh 14: 15).  

Praat met God en nie net van Hom nie. Ons is so geneig om van al die goeie dinge te praat wat God doen maar ons moet meer met Hom praat oor die dinge en ons moet dit wat Hy belowe op ons eie lewens van toepassing maak.  

Wat staan in ons pad om intiem met Jesus te wees?

Rede:  Waarheid: 
 Sondes en skuldgevoelens wat maak dat jy wegkruip soos Adam en Eva in die tuin van Eden. Onbelyde sondes maak dat jy voel jy kan nie in God se teenwoordigheid kom nie.  Bely sondes dadelik sodat jou verhouding met God dadelik herstel kan word. Geen sonde is te groot vir God om te vergewe (1Joh 1:9).
 Nooit geleer om in intieme verhoudings te wees nie maar slegs oppervlakkige vlak een verhoudings.  Ons moet mekaar se laste dra (Gal 6:2) en in dieper verhoudings met mekaar tree as die alledaagse soos die weer. Wanneer mens so ‘n veilige plek vir mense skep om te deel, leer mens ook om met die Een intiem te wees wat ons nooit sal seer maak nie.
 Groot geword met kwaai outoriteitsfigure en daarom is jy bang om tot God te nader.  God is nie kwaai en hard nie maar barmhartig, genadig, lankmoedig en vol van trou (Ps 86:15).
Gejaagdheid om by alles uit te kom en daarom dink jy dat jy nie tyd vir God het nie. Die waarheid is dat in jou besige lewe, jy nie kan bekostig om ‘n sekonde sonder God se krag aan te pak nie (Joh 15:15). Tweedens hoekom is jou lewens so vol? Vir wie doen jy dit? Ons moet ons lewens vereenvoudig tot dit wat God wil hê ons moet doen.
Verkeerde wêreld siening dat die mens moet werk vir aanvaarding en goedkeuring. Jy is, net soos jy is, uitverkies deur God (Ef1:3-8) en jy kan met vrymoedigheid die genadetroon van God nader agv wat Jesus vir jou gedoen het (Heb 4: 14-16).
Ander dinge wat vir jou belangriker is as God (afgod). Geen afgod kan versadig en bevredig soos Jesus kan nie.  Jesus alleen kan die leemte binne in jou vul en jou tevrede maak (Jes 55:2-3). 

Wat vloei uit ‘n meer intieme verhouding met Jesus?
2Kron7:1-2: “… en die heerlikheid van die HERE het die huis vervul; en die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.” So kan dit ook met ons wees. Wanneer God se teenwoordigheid ons vul sal daar nie plek wees vir enige iets anders om belangriker as God te wees nie. Sy teenwoordigheid sal alle onheilighede ook verdryf.

  • Vreugde, vervulling, tevredenheid, versadigheid.
  • Sal nie meer eensaam en alleen voel nie.
  • Jou liefde vir Jesus sal groter word as jou liefde vir enige iets in die wêreld want hoe meer tyd jy met Hom spandeer hoe liewer sal jy vir Hom word.
  • Sal meer en meer verander tot die beeld van Jesus –  begin om soos Hy te dink, voel en op te tree.
  • Sal besef wie God werklik is – tot die volheid kom van God en Sy karakter.
  • Sal besef wie jy werklik in Christus is – wat jou ware identiteit is.
  • Sal doen wat Jesus wil hê jy moet doen, wees waar Hy wil hê jy moet wees– sal jou roeping ontdek.
  • Sal ‘n hart vir verlorenes kry en ons hele missie in hierdie wêreld sal daaroor gaan om mense te vertel van Jesus en wat Hy vir ons gedoen het.
  • Jou vertroue in God sal meer word. Mens kan nie iemand vertrou want mens nie ken nie.  

Oordenkings skrif:
Mat 25:11-12: “Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.”Luk 13:26: “Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het opons strate geleer. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaanweg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!”  

Uitdagings:

  1. Bely teenoor God die dinge wat vir jou belangriker is as Hy (afgod). Wees eerlik met jouself en God – Hy weet bytendien die waarheid.  Vra jouself af wat se behoefte die afgod bevredig. Bring dan die afgod voor God en vra God om die behoefte in jou lewe te bevredig. Verklaar ook daagliks dat God vir jou die heel belangrikste is in die wêreld en dat niks met Hom vergelyk nie.
  2. Strewe om elke dag tyd saam God intiem te verkeer. Soek God elke oomblik van die dag en maak Hom deel van elke besluit en aksie wat jy neem. Wees eerlik en gesels met Hom oor alles.

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag82
Gister160
Afgelope Week508
Afgelope Maand2872
Sedert Feb 2014420345

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton