Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Paastyd

paastydWAT IS PASE?
Pase is die hoogtepunt van die kerklike jaar wanneer ons die opstanding van Jesus Christus uit die dood herdenk. Alles wat ons doen, herinner ons daaraan dat hierdie die klimaks van die hele jaar is vir die gelowiges. Dit is byna asof die gelowiges op hierdie dag nie genoeg kan kry van die viering van die oorwinning nie, en daarom strek die viering van die opstanding oor vyftig dae.

Die belangrikheid is so sentraal in die evangelie dat dit byna onmoontlik is om ‘n Christen te wees en nie die opstanding te vier nie. Tog is dit asof die viering van die opstanding net te verrassend is, asof die verbasing hieroor te groot is vir gelowiges om dit voluit te vier. Wie die opstanding werklik ernstig opneem, sal gou vind dat dit hier om veel meer gaan as oppervlakkige goedgelowigheid in die positiewe dinge in die lewe. Die opstandingsevangelie dryf die spot met ons ongeloof en ons verkleefdheid aan die dood.

Wanneer vier ons Paasfees? Paasfees kan nie losgemaak word van die Kruisgebeure nie. Die vier dae wat begin by Heilige Donderdag en eindig by Paassondag, kan gesien word as een onafgebroke liturgie. Tydens hierdie vier dae beleef die pelgrim ‘n eksodus wat deur die dood na die nuwe lewe lei.

Op Heilige Donderdagaand word die laaste Avondmaal herdenk, gewoonlik met die viering van die Nagmaal. Goeie Vrydag is die dag waarop ons die kruisiging van Jesus Christus herdenk. Op hierdie dag word die kerke gestroop van alle versiering en simboliek. Alleen die beker en die bord is daar om ons te herinner aan Christus se bittere lyding. 

Heilige Saterdag is die een dag waarop daar geen rituele voorgeskryf word nie. Op hierdie dag dink ons aan Christus in die graf en daarom is dit ‘n dag van stille afwagting. Die stilte is nie sonder passie nie, maar vol van gespanne afwagting op die uitkoms van Christus se worsteling met die dood. Byna soos mense wat nie meer kan wag nie, is die gebruik om in die nanag op te staan en saam te kom vir die nagwaak. In hierdie donker ure is ons bewus van die stryd, maar ook van die wonder van die opstanding. Met die eerste teken van die nuwe dag, tradisioneel die eerste hanekraai (later het dit sonopkoms geword), breek die vreugde van die oorwinning plotseling deur met die aansteek van die Paasligte (meestal is dit kerse), die bediening van die doop en bevestiging van nuwe lidmate.
Simbole, rituele en gebruike in Paastyd: Dit is belangrik dat ons oorweldig word deur die wonder van die opstanding, en ons nugterheid en beredeneerdheid getemper word deur die vreugde van die feestelikheid. Hierdie is dramatiese oomblikke wat op velerlei maniere gesimboliseer word:

Die sentrale simbool met Paasfees en in die tyd daarna is lig wat deurbreek. Die opkomende son herinner ons elke dag aan Christus se oorwinning oor die dood.

In die tyd van die opstanding is musiek weer baie belangrik. Die vreugde oor die opstanding is so groot dat dit ons laat oorgaan in lofprysing.

Hoewel die Paaseier ‘n baie kommersiële Paassimbool geword het, is die bedoeling van die versierde eiers om ons aan nuwe lewe te herinner.

Lofliedere en trompetgeskal is in kontras met die stilte van die vorige dag.

In kontras met die vas van Lydenstyd, word daar in Paastyd en veral met Paasfees heerlik feesgevier deur allerlei lekkernye te geniet. Soet is tog die smaak wat ons aan die oorwinning laat dink.

Die oorwinning is nie maar net ‘n private aangeleentheid nie, maar ook ‘n openbare saak, en daarom is daar die gebruik om in hierdie tyd ‘n optog in die strate te hou met musiek en simbole.

Met al hierdie dinge herinner ons mekaar op hierdie dag aan die grootste van alle dramas: die Heer het opgestaan, die Heer het waarlik opgestaan.

Paastyd is ‘n tyd waarin nuwe lewe gevier word. Daarom is dit gebruiklik om hierdie tyd die doop te bedien en nuwe lidmate te bevestig in gemeentes. Vir ons wat gedoop is en reeds lidmate is, is dit ‘n tyd om ons doop en belydenis te vernuwe d.m.v. her-toewyding. Ons moet hierdie tyd aangryp as ‘n tyd waarin ons opnuut kan identifiseer met die drama van nuwe lewe uit die dood. So maak ons gereed in die Paastyd vir die uitstorting van die Heilige Gees. Die eksodus begin by die As-Woensdag en eindig by die vuur van Pinkster. Selfondersoek en skuldbelydenis word opgeneem in wedergeboorte, van sondebesef en die dood word ons saamgeneem op weg na die opstanding en die ewige lewe.

By ons aan die Suidpunt van Afrika, is dit herfs – dit word stadigaan weer winter. Dit lyk of die bome sterf as hulle die goue blare afgooi. Vir ons kan die natuur nou eerder wys presies hoe diep ons geval het en hoe dood ons was. Dan kan ons vreugde soveel groter wees as ons daaraan dink dat Jesus hierdie dood vir ons oorwin het deur op te staan uit die graf.  
Kleure in Paastyd: Kleur speel ‘n baie belangrike rol in Paastyd. Dit staan in skrille kontras met die somberheid van die kleure van Lydenstyd.

Op Paassondag en deur die hele Paastyd is die dominante kleure wit en goud. Kleure van oorwinning en vreugde. Ander vrolike kleure wat die glorie van Christus se heerskappy oor die dood beklemtoon, kan ook gebruik word. Dit is belangrik om ons huise en kerke in hierdie tyd met baie blomme te versier.

Datums van Paasfees?Die datum waarop dit gevier word, wissel elke jaar, omdat dit in die Christelike kerke elke jaar op ’n Sondag gevier word, en omdat die datum nie deur die (gewone) Gregoriaanse kalender bepaal word nie, maar deur die maansiklus; Paasfees word op volmaan gevier. Die heel eerste Paasfees (Jesus se opstanding) het met die Joodse Pasga saamgeval. Die Joodse kalender is ’n maankalender, vandaar die feit dat Pasga (en Paasfees) nie ’n vaste kalenderdag op die gewone kalender het nie.Die reëling oor wanneer Paasfees gevier word, dateer terug na die Konsilie van Nicea in 325 nC. Die Konsilie het besluit om Paasfees altyd op ’n Sondag te vier, reg deur die wêreld. Om dié dag maklik vooruit te bereken en nie afhanklik te wees van die maansiklus nie, het hulle spesiale tabelle opgestel om die datum te bereken. In die daaropvolgende paar eeue is dié tabelle gereeld aangepas, omdat daar toe nog van die Juliaanse kalender gebruik gemaak is. In 1582 het pous Gregorius XIII die Juliaanse kalender hersien en ook ’n nuwe Paasfeestabel opgestel. Een van die groot veranderinge wat hy ingebring het, is die skrikkeljaarreël. Geleidelik het die Gregoriaanse kalender wêreldwyd inslag gevind in westerse lande, terwyl die Oosterse Ortodokse kerke steeds die Juliaanse kalender gebruik om die datum vir Paasfees te bereken. Daarom verskil die Paasfeesdatum in Westerse kerke en Oosterse tradisies.Die algemene reël is dat Paasfees val op die eerste Sondag ná die Pasga-volmaan, oftewel die eerste volmaan wat volg op die lente-dag-en-nagewening (in die noordelike halfrond; by ons die herfs-dag-en-nagewening). Dié volmaan is nie die astronomiese volmaan nie, maar ’n kerklike volmaan (bereken met die tabelle) wat min of meer die astronomiese maankalender volg.Die kerklike reël is: 

Paasfees val op die eerste Sondag wat volg op die eerste kerklike volmaan wat op of ná die dag-en-nagewening val. 

Hierdie spesifieke kerklike volmaan is die 14de dag van ná nuwemaan.

Die dag-en-nagewening is vasgestel op 21 Maart.

Dit beteken dat Paasfees nooit voor 22 Maart of later as 25 April kan wees nie. Daar is veral drie groot verskille tussen die kerklike stelsel en die astronomiese stelsel:

Die tyd van die kerklike volmaan is nie noodwendig identies met dié van die astronomiese volmaan nie, omdat die kerklike tabelle nie volledig voorsiening maak vir die komplekse beweging van die maan nie.

Die dag-en-nagewening het ’n presiese astronomiese definisie wat bepaal word deur die beweging van die son soos dit van die aarde af waargeneem word. Dit is die presiese tyd waarop die son se ekliptiese lengtegraad nul is. Hierdie presiese tyd skuif effens van jaar tot jaar, maar by die kerklike stelsel skuif dit nie en val dit elke jaar op 21 Maart, ongeag die presiese beweging van die son.

Die datum vir Paasfees is ’n spesifieke kalenderdag. Paasfees begin wanneer daardie datum op die plaaslike tydsone begin. Die dag-en nagewening daarenteen is oral ter wêreld op dieselfde tyd.

Die Paasfeesdatums van 2010 tot 2024 is die volgende:
2010  April 4
2011  April 24
2012  April 8
2013  Maart 31
2014  April 20
2015  April 5
2016  Maart 27
2017  April 16
2018  April 1
2019  April 21
2020  April 12
2021  April 4
2022  April 17
2023  April 9
2024  Maart 31
Berekening van die Paasfeesdatum: Die reël is dat Paasfees op die eerste Sondag ná die eerste kerklike volmaan wat op of ná 21 Maart val, gevier word.

Kontak ons

021 853 5991

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

  • 09:00 Sondag oggende
  • 09:00 Sondag oggende:
       Belofteland (3jr-6jr)
       Dinamiet Kiedz (Gr1-7)
  • 17:30 Sondag aande:
       Lifeline Youth (Hoërskool)

Onthou!

Voedselfees
01/09/2018

Feesmark
26/10 - 10/11/2018

Kerssangdiens
25/11/2018 @ 19h00

Kersdiens
25/12/2018 @ 09h00

 

Kalender

Nuutste Nuus

Nuutste Artikels

15 Februarie 2014
15 Februarie 2014
15 Februarie 2014

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag67
Gister77
Afgelope Week484
Afgelope Maand1025
Sedert Feb 2014166704

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton