BIDGROEP: Elke Woensdagoggend @ 09h00
RAPHA VROUEGROEP: Elke 2de Maandagaand @ 19h00
Ons deel in mekaar se lief & leed, pak omgeeprojekte aan bv. die maak van trooskombersies & bidkussings, stap saam vir liefdadigheid, maak die strande skoon, ondersteun en bid vir mekaar, reik uit na mekaar & ander...Ons geniet dit om saam te kuier, eet, lag, huil en pret te hê. Ons groei ook saam deur bymekaar te leer en God beter in Sy Woord te leer ken.
Klik op skakel vir meer inligting: http://www.lourensrivier.co.za/index.php/kleingroepe/rapha-vrouegroep
MANNEGROEPE:
* Besigheidsmanne elke Vrydagoggend @ 06h00
* Mannegroep (by Smiling Oven): Elke Vrydagoggend @ 05h30
* Senior Mannegroep (in Kleinsaal): Elke Woensdagoggend @ 08h00
YSTERPERDBRIGADE: Die bikers van die gemeente hou daarvan om net die pad te vat. Hulle kuier graag saam oor ‘n lekker koppie bikers-boeretroos, ry kort en lang roetes en geniet mekaar se geselskap. Kom saam, klim op jou bike en ry vroeg oggend vir ontbyt na Pringlebaai; smul aan ‘n heerlike middagete in Franschhoek; beleef ‘n Atlantis-duinavontuur; geniet ‘n Sondagmiddag roomys; kry af en toe ‘n bietjie opleiding en reik uit na minderbevoorregte instansies en gemeenskappe. Dis nie ‘n exclusive klub nie. Enige iemand is welkom.
Klik op skakel vir meer inligting: http://www.lourensrivier.co.za/index.php/kleingroepe/ysterperdbrigade
VERSKEIE KLEINGROEPE/OMGEEGROEPE is ook nog beskikbaar.
Indien jy belangstel om aan te sluit, betrokke wil raak of navrae het oor enige van bogenoemde, kontak gerus vir Jackie by die Kerkkantoor (021 853 5991)