Ons Gebedskursus is gratis en word elke Donderdagoggend @ 09h00 aangebied
Kom reis saam om God te ontmoet, deur Hom verander te word en jou roeping te ontdek.
Kom leer ook hoe om die Bybel effektief te gebruik om met God te kommunikeer en Sy stem te hoor vanuit Sy lewende Woord.
Navrae, kontak Kerkkantoor @ 021 853 5991
IS GEBED REGTIG NODIG?
Die vraag is: Het `n soewereine, almagtige God ons gebede werklik nodig, kan dit herlewing bring, genesing bewerkstellig, reën laat kom. In Esegiël 22: 30 –31 lees ons: “Ek het iemand tussen julle gesoek wat `n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig sou word nie, maar ek het NIEMAND gekry nie”.
Die implikasies hiervan is ontsagwekkend. God se heiligheid weerhou hom om sonde te verskoon, In sy groot liefde soek God mense wat vir hom beskikbaar is, as voorbidders en werkers in Sy wingerd.
In Gen. 18:16 – 33 pleit Abraham vir Sodom en Gomorra en God is bereid om te luister. Dutch Sheets sê :- Die gebede van God se heiliges is die aandele kapitaal waarmee God sy groot werk op aarde doen.
In 1 Konings 18:1 lees ons dat God vir Elia beveel:- Gaan na Agab toe moenie langer wegkruip nie. Ek wil weer in die land laat reën. Tog bid Elia sewe keer voor dit begin reën. Elia se gebed moes God se plan in werking stel. Jakobus 5: 17 – 18 verduidelik dit – God verkies mense deur wie Hy kan werk. Jakobus 5 : 16b sê vir ons:- Die gebed van `n gelowige het `n kragtige uitwerking...
Jack Hayford sê: Gebed is in wese `n vennootskap tussen God en die verloste kind van God, wat saam werk om God se verlossingsplan op aarde te verwesenlik.
Wil jy in vennootskap met God wees?
Indien ja – soek beloftes in die Woord waar God belowe Hy luister na ons gebede.
Byvoorbeeld:
Ps. 4:4(b) Die Here hoor as ek na hom roep.
Ps. 34 : 18 As die regverdiges om hulp roep hoor die Here hulle en red hulle uit al hul benoudhede.
1 Petrus 3 : 12. Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep.
1 Johannes 14 – 15
Inhoud van Gebedskursus:
Deel 1: ‘N ONTMOETING MET GOD
- Die drumpel
- 'n Oop deur
Deel 2: SIEN
- Die weg van sien
- God se troonkamer
Deel 3: KEN
- Deur liefde geroep
- Berou
- Die Skrif en gebed
- Luisterende gebed
Deel 4: GAAN
- Intersessie
- Die Onse Vader
- Beleef die teenwoordigheid van God
- Leef in die teenwoordigheid van God
GESELS MET DIE HERE
BELYDENIS (Die Twaalf Artikels)
ONSE VADER
INLEIDING
The prayers of the saints are affairs of the heart. -David Adam, The Cry of the deer-
Om God te ken, is die hart van Christenskap. Sentraal in hierdie kennis is die praktyk van gebed. Die uitdaging lê eintlik in die praktiese toepassing daarvan.
God word sigbaar deur wat mense sê, wie hulle is, hoe hulle leef, en hoe hulle as gestuurdes optree. Die kerk as organisasie, met sy byeenkomste, programme, en aksies is nie waaroor geestelikheid gaan nie, tog is dit die deur na geloof vir die meeste mense.
“Spiritualiteit” is ‘n “in” woord. Hoe omstrede hierdie term ook mag wees, beskryf dit ‘n soeke en honger na geestelike ervaring in ‘n kultuur van verslawing aan materiële besittings. Materialisme is nie in staat om betekenis, doel en ware vreugde te voorsien nie. Ons verlang na ‘n lewe wat sin maak, ‘n lewe van betekenis, wat doelgerig geleef word. Die huidige belangstelling in spiritualiteit bevestig die behoefte aan ‘n lewe wat meer verwag as slegs die opswaai van die ekonomie.
Ons Gemeentes moet sentrums wees van geestelike groei en vitaliteit. Daarom is dit waar wat John Michael Talbor sê:
“We cannot evangelize until we have been evangelized. This happens most powerfully through solitary prayer.
Daar is geen beter manier as gebed waardeur Christene hulle geloof met ander kan deel nie.
Bronne: Krag van intredende gebed; Dutch Sheets; CUM.