23.01.2022
Liewe ouers en maats,
Welkom by ons eerste Sondag vir 2022.
Ons is so opgewonde oor hierdie jaar. Ons beplan sulke interessante en lekker lessies en aktiwiteite vir ons kinders. Julle kan nie een byeenkoms mis nie!!
Indien Pappa of Mamma jou nie kan bring nie, kontak ons op ons klasgroepies en ons maak 'n plan.
Bring elke Sondag jou wapen (Bybel) en pennesakkie saam.
Hierdie jaar gaan ons die kinders toerus met die Evangelie. Hulle leer om die Goeie Nuus met ander te deel. Ons het steeds groot groep en verdeel dan in kleiner groepies.
Ons sal weer inskrywingsvorms en ons boeke donasie koevertjies uitdeel in die klassies.
Inskrywings sal na die diens geskied vir ouers wat dit hier wil voltooi. Ons fondsinsameling vir ons klassies se vergroting het reeds R10,000 opgelewer, maar ons sal nog moet woeker. Het kwotasie van boukontrakteur gekry vir R59,000.
Wil asseblief alle gemeentelede wat in die bou/verf/bedryf is, of enige vrywilligers wat ons dalk kan help/ raadgee, vra om ons asseblief te kontak.
Sterkte vir die jaar.
Diensbaar vir Jesus
Karin Kuys
083 643 0653
Klik hier vir die kinderkerk inskrywingsvorm:
Kinderkerk tydens Lockdown
Ons deel elke week 'n storie met die jonklomp, skuif gerus nader en geniet dit saam!
Bron: Bybel vir kinders bied aan...www.bibleforchildren.org
27 Junie - Noag en die groot vloed
4 Julie - God se Belofte aan Abraham
11 Julie - Die aantreklike, onnosel koning
18 Julie - 'n Prins uit die rivier
25 Julie - God se belofte aan Abraham
1 Augustus - God toets Abraham se liefde
8 Augustus - Jakob die bedrieƫr
15 Augustus - Geliefde seun word 'n slaaf
22 Augustus - Totsiens Farao!
29 Augustus - 40 Dae! Pret Aktiwiteit - Tabernakel
5 September Joshua neem beheer
12 September - Simson, God se sterk man
16 September - Gideon se soldate