“Jongmense wat toenemend groei in hul persoonlike verhouding met die Here”
Ons streef na:
- ‘n Jeugbediening waar die jongmense hulself totaal en al oorgegee het aan die Here en in `n lewende groeiende verhouding met Hom leef.
- `n Jeugbediening waar jongmense met hul hele hart omgee vir ander jongmense en volwassenes in die kerk van Christus.
- `n Jeugbediening waar jongmense die liefde wat Jesus vir alle mense het prakties uitleef (aangee) op elke gebied van hulle lewe, d.w.s. by die gemeente, die skool, die sportveld, die werk en alle ander areas waar hulle beweeg.
- Ons streef na `n jeugbediening waar die jongmense die Verlossingsboodskap van Jesus Christus uitdra aan mense in hul onmiddelike omgewing, die Wes-Kaap, ander dele van Suid-Afrika en aan mense in ander lande.
- Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. (Mat 6:9-10)
Lourensrivier se jeuggroepe bestaan tans uit die volgende afdelings:
- Belofteland
Hierdie groep kom tydens die oggenddiens bymekaar en fokus op die geestelike versorging van die voorskoolse kinders.
- Junior Jeug (Dinamiet Kiedz)
Junior Jeug fokus op groepe en klasse van graad 1 – 7.
- Senior Jeug (Lifeline Youth)
Hierdie groep kom Sondagaande 18h00 in die kerk bymekaar en is gemik op graad 8-11.
Laai die Lifeline Youth inskrywingsvorm hier af.
Kontak Attie 079 442 2230