BELOFTELAND
Tydens die kerkdiens: (09h00 - 10h15). Alle kinders tussen 3-6 jaar is welkom
Ons verkondig die Evangelie d.m.v. CEF en Kidz Express se materiaal.
Al ons lessies word prakties gedoen, ons speel lekker en vier ook ons verjaarsdae saam;
Ons nooi alle mammas en pappas om ons klasleier een Sondag per kwartaal te kom help met die aanbied van die Sondagklassies.
Vir navrae kontak: Karin Kuys @ 083 643 0653
DINAMIET KIEDZ
Wat gebeur Sondae?
|
09: 00 – 10:15 |
|
09:00 – 10:15 |
|
09:00 – 10:15 |
|
09:00 – 10:15 |
Ons bring graag die Evangelie aan die kinders, help hulle om geestelik te groei dmv CEF se “Die Wonderboekie” en moedig hulle aan om die Goeie Nuus met ander te deel deur persoonlike getuienis & dienslewering tydens uitreike na ouetehuise, skole, ens.
Dan is daar natuurlik Gemeente Pieknieks, Kampe, Ken-mekaar braaie met die ouers en nog baie heerlike projekte.
Vir navrae kontak: Karin Kuys @ 083 643 0653
TIENERKERK (Gr 7)
Wanneer? Sondag Oggende
Tyd? 09h00 tot10h15
Waar? “Die Gat” (Vertrek onder verhoog)
LESMATERIAAL:
Die Kerk werk wêreldwydSes lesse uit Handelinge wat kinders help om getuies te wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Die kinders gaan op 'n virtuele reis na die lande wat in Handelinge genoem word.
Duurgekoop deur Jesus se kruisdood
Ingeprop in die krag v.d. Heilige Gees
Aangeskakel om die evangelie te vertel
Dankie dat julle jul kinders aan my toevertrou!
Liesbet @ 073 630 0268
GOEIE NUUS & HEY! KLUBS
Van ons ouers bring ook die Evangelie aan kinders in die gemeenskap deur middel van CEF se Goeie Nuus Klub asook EEIII se Hey! Klub.
Soos op Sondae doen ons ‘n les met ‘n teksvers, speel hersiening-speletjies, vertel sendingverhale en sing te lekker!
Kontak ons gerus by kerkkantoor @ 021 853 5991 indien jy betrokke wil raak by ‘n klub in jou omgewing. Ons voorsien gratis opleiding.