Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Advent

adventAdvent:   Jesus, die Lig vir die wêreld!  

Dit gaan gepaard met kerse en liggies - liggies wat ons daaraan herinner dat Jesus gekom het om die Lig vir die wêreld te wees.

Advent is ‘n tyd van verwagting en voorbereiding op Christus se koms. Die woord Advent is afgelei van die Latynse woord adventus wat “koms” beteken. Dit is ‘n tyd van herinnering aan die beloftes van God oor die Messias wat sou kom, maar ook ‘n tyd van verwagting van Jesus se wederkoms.
Gedurende hierdie tyd vier ons God se ingryping in die geskiedenis deur die geboorte van Christus. Ons vertrou dat God dit wat begin is met Christus se eerste koms sal voltooi met Christus se wederkoms. Ons sien uit daarna dat God die bose finaal sal verslaan en die gebrokenheid van hierdie wêreld sal heelmaak. Advent fokus op die feit dat ons tussen die tye van Christus se eerste koms en Sy wederkoms leef en dit behoort ons leefwyse te bepaal. Dit is ’n tyd van afwagting en verwagting maar ook ’n tyd om aktief God se liefde in die wêreld uit te leef.

Advent begin op die vierde Sondag voor Kersfees en duur tot en met Oukersaand. Advent is deel van die Kerssiklus en ook die begin van die Kerkjaar. Die Kerssiklus begin met hoop en afwagting tydens Advent en loop uit op vreugde met Kersfees en sluit af met Epifanie.
Daar is verskeie simbole wat met Advent verbind word, maar die gewildstes is seker die Adventkrans en die Adventkalender.
Die Adventkrans word gevleg of gevorm uit groen blare en takke. In die sirkel word vier kerse geplaas met 'n vyfde een in die middel. Die middelste kers is wit (die Christuskers) en die drie ander is blou of pers, die laaste een is ligroos. Met die aansteek van ‘n kers word daardie spesifieke Sondag se tema gevier, nl. hoop, vrede, vreugde en liefde. Die rooskleurige kers, wat juis ‘n uitsondering op die ander kerse is, word gewoonlik op die derde Sondag aangesteek omdat dit geassosieer word met vreugde.

Gesinne kan ’n Adventkrans maak om elke aand aan te steek om die wonderlike hoop en afwagting van hierdie seisoen uit te beeld. Kleiner kinders geniet ook die Adventkalender. Dit neem die vorm aan van ’n groot plakkaat met deurtjies vir al die dae tot Kersfees. Elke aand word ’n volgende deurtjie oopgemaak om ’n prentjie bloot te stel wat ’n verdere deel van die Adventverhaal vertel.

Adventskleure & simboliek:

Die tradisionele kleure wat in Advent gebruik word is pers of koningsblou, ligroos, wit en groen. Die sirkelvorm van die krans dui op die ewigheid van God en Sy ewigdurende liefde. Die groen in die krans simboliseer nuwe lewe en groei. Die lig van die kerse simboliseer die lig van God wat na die wêreld gekom het. Die vier buitenste kerse simboliseer die vier weke van afwagting voor Kersfees maar ook die vier eeue van afwagting tussen Maleagi en Christus se koms. Die pers of koningsblou is koninklike kleure en verwys na die majesteit van die Seun van God. Die ligroos simboliseer vreugde. Die eerste kers simboliseer hoop of verwagting, die tweede verkondiging of aankondiging, die derde vreugde en die vierde reinheid/vrede/liefde.

Adventstemas:
Die eerste week se tema is verwagting/hoop (kleur: purper). ‘n Tyd van hoop waar ons herinner word dat die pyn, seer en swaarkry wat ons nou beleef aan die verbygaan is. Christus het gekom en sal weer kom.
Die tweede week se tema is vrede (kleur: purper). Die engele het Jesus se koms aangekondig met die lied “Vrede op Aarde”. Ons beleef Jesus se vrede en deel dit met elkeen wat op ons pad verskyn.
Die derde week se tema is vreugde (kleur: ligroos). Ons dink in die eerste plek aan die vreugde wat ons kan beleef omdat Jesus gebore is en tweedens dink ons ook na oor watter dinge vir God vol vreugde maak. Vreugde is nie omstandigheidsgebonde nie en laat ‘n lig in die donkerste nag skyn.
Die vierde week se tema is liefde (kleur: purper). God se koninkryk van liefde het gekom maar is nog nie ‘n voltooide realiteit nie. Ons moet ander vertel wat Kersfees vir ons beteken. In die tweede plek moet ons vir die wat swaarkry, gee. Die liefde van Jesus dring ons om vir ander te gee in ‘n hedendaagse Kerstyd waarin mense net wil ontvang.

Die voorbereiding en wagtyd is verby.

Kersdag vorm die hoogtepunt en afsluiting van Advent.

Jesus, die Lig vir die wêreld is nou vir altyd by ons en die wete dring ons om self ook ons lig in die wêreld te laat skyn.

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag101
Gister186
Afgelope Week770
Afgelope Maand2000
Sedert Feb 2014419473

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton