Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Lydenstyd

Lydenstyd is ‘n seisoen van 46 dae waarin die kerk die lyding van Christus in herinnering roep en daarop reageer in voorbereiding op Paasfees. Lydenstyd wys dat Christus in ons nood ingedaal het.

Wanneer vier ons Lydenstyd?
Omdat Christene nie op Sondae, die opstandingsdag gevas het nie, begin Lydenstyd op ‘n Woensdag (As Woensdag), 46 dae voor Paasfees (40 dae en 6 Sondae). Waar hierdie Woensdag nie besondere aandag kry nie, begin sommige kerke hulle Lydenstyd op die Sondag voor hierdie Woensdag (dus sewe Lydens-weke).

Simbole, gebruike en rituele in Lydenstyd

Aswoensdag:  In dié tyd wy Christene reg oor die wêreld hulself opnuut aan Jesus Christus en raak diep bewus van die onselfsugtige, onvoorwaardelike liefde wat Hy vir ons aan die Kruis bewys het.

Daarom is dit ook die gebruik van Christene om vanaf Aswoensdag te vas. In die tyd van vas kan ek iets belangrik vir myself prysgee of sekere doelbewuste dinge doen om my te herinner....... sommige mense gee in die tyd iets prys soos koffie, TV, sjokolade, wyn (of enigiets wat ons normaalweg daagliks gebruik en gewoond is aan) en vas daarvan vir die 40 dae tot Paastyd. Ander doen doelbewus iets soos om sekere geloofsgewoontes te beoefen deur ‘n vaste tyd opsy te sit vir Bybelstudie en gebed, betrokke te raak by ‘n bepaalde projek van die gemeente of gemeenskap. Dit wat ek prysgee of doen raak ’n deurlopende herinnering van die Here Jesus se groot offer vir my en van God se groot liefde.

Die Kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Die kruis herinner ons aan die kruisiging van Jesus, ‘n teken van Sy lyding en sterwe. Sit ‘n houtkruis teen jou voordeur of in jou huis, of dra een om jou nek as herinnering aan Lydenstyd.

  • ‘n Doringkroon of spykers kan saam met die kruis dien as simbole.
  • ‘n Groot wit kers met doringdraad daarom gedraai, beeld uit hoe Christus gekom het om bevryding te bring van alle menslike nood. Oor die sewe Lydensweke kan 8 kerse gebrand word (7 vir Lydenstyd en 1 vir Goeie Vrydag). Elke week word een kers doodgeblaas om die donkerte te simboliseer, todat al 8 op Goeie Vrydag doodgeblaas is, om die donkerte van Jesus aan die kruis en in die graf te simboliseer.
  • Die kleure in hiedie tyd is somber – donker aardse kleure, veral pers.
  • Lydenstyd is ‘n tyd van her-toewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Dit is dus ‘n tyd van toerusting vir dissipelskap.
  • Die gebruik om in hierdie tyd van voedsel te vas, staan in die teken van hertoewyding. Hierdie gebruik kan met ‘n bietjie verbeelding met vrug in ons huise gebruik word. As ‘n teken van ons bereidheid om op te offer vir die evangelie, kan ons byvoorbeeld besluit om in hierdie tyd te vas van ‘n gewoonte, soos die lees van tydskrifte of die kyk van televisie. Ons kan ook besluit om van sekere voedelsoorte te vas.
  • Lydenstyd is ‘n tyd van bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Dit is ‘n tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as dié liefdesdaad van alle tye.
  • Lydenstyd is ‘n gereedmaak om vernuwing in ons lewe te ontvang.

Groot Lydensweek
Dit is die 7de en laaste Lydensweek en begin op die Sondag wat tradisioneel as Palmsondag bekend staan. Dit verwys na die intog van Jesus in Jerusalem wat gekenmerk is deur die skare wat palmtakke geswaai het en Jesus as die Messias verklaar het.

Die kleure van hierdie week verander na donkerrooi om die bloed van Jesus te simboliseer.

Vriendelike groete

Die Gasvryheidsbediening

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag173
Gister202
Afgelope Week801
Afgelope Maand3165
Sedert Feb 2014420638

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton