WIL JY GRAAG DEEL WEES VAN ’N KLOMP GELOWIGES WAT:
- Hegte vriende raak, saam kuier, huil en lag?
- Mekaar bystaan deur dik en dun?
- In die middel van die nag vir jou sal opstaan om te help of te bid?
- Jou sal ondersteun wanneer jy dit die nodigste het?
KOM WORD DAN DEEL VAN ONS WEEKLIKSE SAMEKOMSTE WAAR ONS:
- Nuwe vriende maak en mekaar beter leer ken
- Lekker saam kan gesels en kuier om ‘n koppie koffie
- Verhoudings kan bou deur middel van bemoediging, gebed en onderlinge ondersteuning
- Op ‘n informele wyse die Here kan eer en Hom beter uit die Woord leer ken
- Geestelik groei en karakter bou (1 Kor. 13:6)
- Saam omgee en uitreik