In Lourensrivier Gemeente wil ons mekaar versorg.
In handelinge 2:42-46 word vermeld hoe die Christene in die eerste gemeente na mekaar se behoeftes omgesien het.
Hulle het hulle met hart en siel toegelê op die leer van die apostels en hulle onderlinge samesyn, die gemeenskaplike maaltye en die gebede.
Die Chrisrene in Jerusalem het alles wat hul gehad, met mekaar gedeel, aangesien hul van die standpunt uitgegaan het dat hul almal broers en susters in God se gesin was.
Sodende kon amal deel hê van die seën van God. Christene en veral Christene met wie dit materieel goed gaan, is dikwels in die versoeking om hul self af te sonder van die ander, en net na hul eie belange om te sien.
Op daardie manier is hul die enigste wat voordeel trek uit hulle voorspoed. Ons is egter almal deel van God se geestelike gesin en daarom moet ons mekaar help waar en wanneer ons kan. God se gesin is op sy sterkste as die lede daarvan bymekaar staan en saamwerk.
‘n Gesonde Christengemeenskap sal ander mense na Christus aantrek.
Ons almal het die roeping om ons kerk so aantreklik vir buitestanders te maak dat dit mense na Christus aantrek en daarom reik die Omgeegroep ook graag uit en het baie omgee-projekte deur die jaar.
Omgeegroepe is een been van Kleingroepe, maar daar is nog verskeie groepe waaraan ons lidmate kan behoort. Die interne strukture verskil, maar die doelwit bly dieselfde. Navrae: 021 853 5992 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.