DIE KOSKAS VIR BEHOEFTIGE GESINNE
Ons koskas kan op twee verskillende maniere ondersteun word:
- Kosmandjies wat in die wyke omgestuur word. Dit word dan deur die Dienswerkers/Wyskverteenwoordigers na die kerkkantoor toe gebring.
- Mannasakke wat by die voorportale in die kerk is. Daar is elke Sondag leë inkopiesakke (Mannasakke) by die deure beskikbaar met ‘n lysie van benodigdhede vir behoeftiges daarin. Die sak word dan geneem en die volgende Sondag teruggebring met R20 se items. Daar sal voortdurend sakke beskikbaar wees by die deure asook ‘n houer om dit in te plaas.
DIE SNUFFELMARK
Wil jy ontslae raak van al jou ou klere en Wit Olifante in die huis? Bring dit vir ons Snuffelmark. Verkope is elke laaste Wo. van die maand in die kerksaal. Marquerite Kies en al die helpers verwelkom en sê baie dankie vir al die skenkings vanaf die gemeente. Baie projekte vir die kerk kon al afgehandel word met hierdie fondse! Dit help om te help!!
HUIS JAN SWART (021 854 7215)
Woensdagoggende: 09:00 – Biduur
Geskenkpakkies, Besoeke; Voogskap vir Bejaardes.
ONS ONDERSTEUN OOK :
CANSA & CANSA RELAY; PATCH; HELPENDE HAND SOLIDARITEIT; SW NAGSKUILING; HALI TRUST; UKUKHANYA VIR MISHANDELDE VROUE & KINDERS; STREET PEOPLE CENTRE; DIE ARK VIR MANS; HUIS HORIZON; RAPE CRISIS CENTRE; ENKEL OUERS HELPENDE HANDE;
ACVV BRIGHT LIGHTS EN VELE, VELE MEER!!!!
Navrae by Kerkkantoor @ 021 853 5991 of stuur epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.