NG Lourensrivier Kerk

Ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat deur U gestuur is.” – Joh 17:3 

Welkom by Lourensrivier Gemeente.

Ons gebed is “dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” 1 Tim 2:4

Redding kom slegs deur geloof in God:
En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” Joh 17:3

Kennis, nodig vir geloof kom deur die Woord:
“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Rom 10:17

Ons glo

  • Dat die Bybel die heilige en onfeilbare Woord van God is;
  • Dat die leer soos vervat in die drie algemene belydenisskrifte en die drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis (Confessio Belgica), die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, ooreenkom met die Woord van God;
  • Dat Christus die enigste weg is na Vader;
  • Dat God Vader is soos Christus ons leer, en verwerp enige verwysing na Hom as moeder of vroulike aanspreekwyse;
  • In die maagdelike geboorte, fisiese opstanding uit die dood, hemelvaart, en toekomstige oordeel van Christus;
  • Dat God deur genade alle sondaars roep tot bekering en ’n verhouding met Hom;
  • Dat wat die Woord sonde noem, sonde is;
  • In ’n lewenslange pad van heiligmaking van die gelowiges;
  • In die heiligheid van die huwelik as ’n instelling van God, en welliswaar ’n lewenslange toewyding tussen een man en een vrou; en
  • In die vergewing van sondes, opstanding van die vlees en in ’n ewige lewe.
  • Dat die gebod van liefde vir die naaste altyd gesien moet word deur die bril van liefde vir en gehoorsaamheid aan die Heilige God, en nie in stryd met wat die Woord ons leer van God, die mens, sonde, verlossing, ens. nie.

Dienste

Scroll to Top