NG Lourensrivier Kerk

Ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat deur U gestuur is.” – Joh 17:3 

Jeug

  • Ons streef na ‘n Jeugbediening waar die jongmense suiwer Skriflering ontvang en in ‘n lewende groeiende verhouding met die Here leef
  • ‘n Jeugbedining waar jongmense die Skrif prakties uitleef deur Omgee, Aangee en Oorgee aan God se wil.
  • ‘n Jeugbediening waar die jongmensedie Verlossingsboodskap van Jesus Christus uitdra aan mense in hul onmiddelike omgewing, die Wes-Kaap, ander dele van Suid-Afrika en aan mense in ander lande.

Jeuggroepe

 Beloftelanders: Voorskool kinders

Tydens die kerkdiens: (09h00 – 10h30). 

Alle kinders tussen 3-6 jaar is welkom. Ons verkondig die Evangelie d.m.v. Odos, CEF en Kidz Express se materiaal.

Al ons lessies word prakties gedoen, ons speel lekker en vier ook ons verjaarsdae saam.

Ons nooi alle mammas en pappas om ons klasleier een Sondag per kwartaal te kom help met die aanbied van die Sondagklassies.

Vir navrae, kontak: Karin Kuys @ 083 643 0653

Dinamiet kiedz: Gr 1-6

Tydens die kerkdiens: (09h00 – 10h30).

Ons bring graag die Evangelie aan die kinders, help hulle om geestelik te groei en moedig hulle aan om die Goeie Nuus met ander te deel deur persoonlike getuienis & dienslewering tydens uitreike na ouetehuise, skole, ens.

Dan is daar natuurlik Gemeente Pieknieks, Kampe, Ken-mekaar braaie met die ouers en nog baie heerlike projekte.

Vir navrae, kontak: Karin Kuys @ 083 643 0653

Tienerkerk: Gr 7

Lesse wat kinders help om getuies te wees tot in die uithoeke van die wêreld. Die kinders gaan op ‘n leersame en opwindende reis om meer oor dissipelskap te leer.

Ons kom elke Sondag vanaf 09:00 tot 10:30 in “Die Gat” (vertrek onder verhoog) bymekaar.

Vir navrae, kontak: Liesbet @ 073 630 0268

Lifeline jeug: Gr8-12

Hoërskool leerders:

Sondae 17:30 – 19:00 by die kerk, of soos gereël met Attie. Ons gaan weer lekker “Social, Praise & Worship” en dan in ons klasse inbeweeg.

Belydenisklas:

Ons kom Sondae om 17:30 by die kerk bymekaar. Graad 11’s en ouer, wat nog voorgestel moet word is baie welkom om by ons aan te sluit.

Vir verdere inligting skakel gerus vir

Vir navrae, kontak: Attie @ 079 442 2230

Ouers, raak betrokke

Ons 2025 tema is om ons desipelskap uit te leef waar ons beweeg. Ons rus ons kinders  toe om ‘n blywende verhouding met Jesus te hê, Sy voorbeeld te volg en uit te leef deur ons missies van Oorgee, Omgee en Aangee in ons gemeenskap. Sluit aan by ons jeugbediening indien jy ‘n verskil in jou kind se lewe wil maak.

Ons benodig passievolle groepleiers, helpers, kunstige mense en fotograwe om by ons spanne aan se sluit.

Vir meer inligting skakel asb vir Karin – 083 643 0654 vir meer inligting

Scroll to Top