Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Ruvuma

 

Ons gemeente is lid van die volgende ondersteunings-vennootskappe wat uit verskeie gemeentes bestaan:

 RUVUMA: Ondersteun sendelinge in Mosambiek wat Quionga in die verre Noord-Ooste insluit.

 

Quionga Mosambiek

André, Anna-Marie Thiart en kinders

Hier is ‘n kort video oor hul werk op Quionga:

KLIEK VIR VIDEO

Kontakpersone: Louis Koekemoer:  021 853 3189 of  Sakkie Krynauw: 021 853 6814

Lees Nuusbriewe van Quionga

 

 

Mosambiek Geletterdheidsprojek

ONTMOET VIR:  Niehan en Carmen Koekemoer
‘n Egpaar van Lourensrivier Gemeente wat ‘n passie vir Jesus en Sy Koninkryk het.

Niehan en Carmen is deel van Helderberg Uitreik.

Helderberg Uitreik is ’n Organisasie Sonder Winsoogmerk, NPO 032-078, wat daarna streef om mense te mobiliseer om draers van Christus se hoop te wees. Die organisasie staan onder leiding van ’n verkose bestuur. Die projekte word elk deur ’n projekspan bestuur. Projekspanlede is vrywillige medewerkers wat deur hulle verlossing in Christus geïnspireer is en ’n hart het vir die spesifieke projek wat hulle bestuur.  Projekleier: Bertus van Schalkwyk

Ongeletterdheid is ‘n groot belemmering wat die geestelike groei van die kerk, asook die algemene ontwikkeling van die mense in Mosambiek baie strem. Sewentig persent van die mense is ongeletterd, terwyl ‘n verdere 28 % as semi-geletterd beskou word weens hul baie beperkte leesvermoë. Die Bybel is dus vir die ongeletterdes feitlik heeltemal ontoeganklik, terwyl dit vir die semi-geletterdes ( wat meeste gemeenteleiers, veral ouderlinge, insluit) baie min toeganklik is.

Daarom is die geletterdheidsbediening ’n baie belangrike bediening van die kerk. Die kerk bereik die ongeletterdes deur 21 skole te bedryf waar oor die 2000 kinders bereik word en 21 volwassene-geletterdheid-sentrums te bedryf waar oor die 400 volwassenes per jaar bereik word. Die geletterdheidsbediening poog ook om leesmateriaal wat meer substansie bevat vir semi-geletterdes toeganklik te maak deur die teks te vereenvoudig deur illustrasies en met nuwe tegnologie, waar semi-geletterdes na langer teks kan luister . Dit word veral vir die toerusting van kerkleiers gebruik. John en Stephanie dien as konsultantsendelinge vir die geletterdheidsbediening vir die kerk in Mosambiek.

Niehan & Carmen sê:
Die visie van die Mosambiek Geletterdheidsprojek is om die mense van Mosambiek te leer lees en skryf, sodat hulle die Bybel kan lees.

Die bediening leef sy visie uit deur die plaaslike kerk te help met die begin van bosskole (in verafgeleë dorpies), volwasse geletterdheidsentrums, kleuterskole (2-6 jaar), syfer geletterdheid (Entrepreneurskap) en Engelse taalkursusse. Favourite Quote
"The greatest form of praise is the sound of consecrated feet seeking out the lost and helpless."
-Billy Graham-

Lees meer oor hulle projekte en hoe jy kan betrokke raak:

 

Lees Nuusbriewe van Mosambiek Geletterdheidsprojek

 

KLIEK VIR VIDEO

 

 

Om sendelinge te versorg is 'n roeping.
Mag die Here ons getrou maak in hierdie roeping.

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag42
Gister69
Afgelope Week42
Afgelope Maand3261
Sedert Feb 2014430657

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton