Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Lydenstyd begin met Aswoensdag.

Die 40 dae voor Paassondag (wat op Aswoensdag begin) is die oudste fees in die kerk!  Dit staan ook bekend as "LENT". Die woord “Lent” beteken oorspronklik “om te rek” … net soos die son in die noordelike hemisfeer besig is om elke langer effens langer te begin skyn, uit die donker van winter na lente. Die 40 dae sluit natuurlik Sondae uit (omdat alle Sondae reeds simbolies aan die opstanding herinner. Die laaste dag van lydenstyd is Swart Saterdag …Soos enige getal in die bybel is ook hierdie getal “40” ‘n uitdrukking van ‘n afskop + ‘n suiwering + uitkoms.  Dink maar aan die Israeliete wat hulle reis begin met ‘n vertrek uit Egipte … ‘n suiwering in die woestyn … ‘n intog in Kanaan.  Dieselfde met Jesus se woestynervaring; dieselfde met Noag in die ark.

Dit is ‘n tyd vir selfrefleksie.
Dit is ‘n tyd van agterlaat.
Dit is ‘n tyd van prysgee.  (nie die maklike prysgee van sjokolade en kafein nie).   
Dit gaan oor prysgee van veel meer.  Jou ego.  Jou gehegtheid (attachments) aan dit wat jou steeds ‘n gevange hou. Hier is ook 'n baie inssiggewende videogreep ter verduideliking: KLIEK HIER

Dit is waaroor lydenstyd gaan:  om anders oor jouself en jou lewe te kyk vanuit die vergrootglas van die kruis.
Paulus sê: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde” (2 Kor 2:2) Nog meer inligting oor Die Vastyd (Lent)
Skrywer: Coen Slabber

Ons hoor dikwels dat mense praat oor Lent. Lent het op Aswoensdag begin. Gereformeerdes het nog nooit  die kerkjaar so noukeurig gevolg soos die Rooms-Katolieke en Anglikaanse Kerke nie. Meeste van ons het net so ‘n vae idee oor wat Lent is.

Lent is die veertig dae voor Paasfees (Sondae uitgesluit). Christene probeer Jesus se fokus op God naboots deur dissiplines en praktyke wat geloof en liefde versterk en ‘n gees van berou beliggaam. Dit is ‘n tyd om na te dink oor gewoontes, besittings en begeertes. Dit begin met Aswoensdag en eindig op Heilige Donderdag – die dag net voor Goeie Vrydag. [Daar is verskille tussen die Westerse en die Oosterse Kerke en ook kleiner verskille tussen verskillende Westerse kerke.] Lent eindig met drie belangrike dae:

  • Heilige Donderdag – die dag toe Jesus saam met sy dissipels die paasmaaltyd geniet en die nagmaal ingestel het.
  • Goeie Vrydag – die dag van Jesus se kruisiging.
  • Paassondag – die dag van Jesus se opstanding.

adventAdvent:   Jesus, die Lig vir die wêreld!  

Dit gaan gepaard met kerse en liggies - liggies wat ons daaraan herinner dat Jesus gekom het om die Lig vir die wêreld te wees.

Advent is ‘n tyd van verwagting en voorbereiding op Christus se koms. Die woord Advent is afgelei van die Latynse woord adventus wat “koms” beteken. Dit is ‘n tyd van herinnering aan die beloftes van God oor die Messias wat sou kom, maar ook ‘n tyd van verwagting van Jesus se wederkoms.
Gedurende hierdie tyd vier ons God se ingryping in die geskiedenis deur die geboorte van Christus. Ons vertrou dat God dit wat begin is met Christus se eerste koms sal voltooi met Christus se wederkoms. Ons sien uit daarna dat God die bose finaal sal verslaan en die gebrokenheid van hierdie wêreld sal heelmaak. Advent fokus op die feit dat ons tussen die tye van Christus se eerste koms en Sy wederkoms leef en dit behoort ons leefwyse te bepaal. Dit is ’n tyd van afwagting en verwagting maar ook ’n tyd om aktief God se liefde in die wêreld uit te leef.

Advent begin op die vierde Sondag voor Kersfees en duur tot en met Oukersaand. Advent is deel van die Kerssiklus en ook die begin van die Kerkjaar. Die Kerssiklus begin met hoop en afwagting tydens Advent en loop uit op vreugde met Kersfees en sluit af met Epifanie.
Daar is verskeie simbole wat met Advent verbind word, maar die gewildstes is seker die Adventkrans en die Adventkalender.
Die Adventkrans word gevleg of gevorm uit groen blare en takke. In die sirkel word vier kerse geplaas met 'n vyfde een in die middel. Die middelste kers is wit (die Christuskers) en die drie ander is blou of pers, die laaste een is ligroos. Met die aansteek van ‘n kers word daardie spesifieke Sondag se tema gevier, nl. hoop, vrede, vreugde en liefde. Die rooskleurige kers, wat juis ‘n uitsondering op die ander kerse is, word gewoonlik op die derde Sondag aangesteek omdat dit geassosieer word met vreugde.

Gesinne kan ’n Adventkrans maak om elke aand aan te steek om die wonderlike hoop en afwagting van hierdie seisoen uit te beeld. Kleiner kinders geniet ook die Adventkalender. Dit neem die vorm aan van ’n groot plakkaat met deurtjies vir al die dae tot Kersfees. Elke aand word ’n volgende deurtjie oopgemaak om ’n prentjie bloot te stel wat ’n verdere deel van die Adventverhaal vertel.

Adventskleure & simboliek:

Die tradisionele kleure wat in Advent gebruik word is pers of koningsblou, ligroos, wit en groen. Die sirkelvorm van die krans dui op die ewigheid van God en Sy ewigdurende liefde. Die groen in die krans simboliseer nuwe lewe en groei. Die lig van die kerse simboliseer die lig van God wat na die wêreld gekom het. Die vier buitenste kerse simboliseer die vier weke van afwagting voor Kersfees maar ook die vier eeue van afwagting tussen Maleagi en Christus se koms. Die pers of koningsblou is koninklike kleure en verwys na die majesteit van die Seun van God. Die ligroos simboliseer vreugde. Die eerste kers simboliseer hoop of verwagting, die tweede verkondiging of aankondiging, die derde vreugde en die vierde reinheid/vrede/liefde.

Adventstemas:
Die eerste week se tema is verwagting/hoop (kleur: purper). ‘n Tyd van hoop waar ons herinner word dat die pyn, seer en swaarkry wat ons nou beleef aan die verbygaan is. Christus het gekom en sal weer kom.
Die tweede week se tema is vrede (kleur: purper). Die engele het Jesus se koms aangekondig met die lied “Vrede op Aarde”. Ons beleef Jesus se vrede en deel dit met elkeen wat op ons pad verskyn.
Die derde week se tema is vreugde (kleur: ligroos). Ons dink in die eerste plek aan die vreugde wat ons kan beleef omdat Jesus gebore is en tweedens dink ons ook na oor watter dinge vir God vol vreugde maak. Vreugde is nie omstandigheidsgebonde nie en laat ‘n lig in die donkerste nag skyn.
Die vierde week se tema is liefde (kleur: purper). God se koninkryk van liefde het gekom maar is nog nie ‘n voltooide realiteit nie. Ons moet ander vertel wat Kersfees vir ons beteken. In die tweede plek moet ons vir die wat swaarkry, gee. Die liefde van Jesus dring ons om vir ander te gee in ‘n hedendaagse Kerstyd waarin mense net wil ontvang.

Die voorbereiding en wagtyd is verby.

Kersdag vorm die hoogtepunt en afsluiting van Advent.

Jesus, die Lig vir die wêreld is nou vir altyd by ons en die wete dring ons om self ook ons lig in die wêreld te laat skyn.

kerjaarsimboolvyfpuntsterWat is Epifanie?

Die fokus van dié seisoen is die viering van God se verskyning en bekendwording aan ons.
Dit wentel rondom die epifaniefees, wat die eerste keer op 'n Sondag gevier is en al van die tweede eeu af op 6 Januarie gevier word.
In dié fees gaan dit oor die "verskyn­ing" of "Godsverskyning" en die naam word herlei van die Latynse Epiphanie (of Theo­phanie) vanuit die Griekse “epiphaneia” en “theophaneia”, wat op God se verskyning / manifestasie, in Jesus dui.    

Aanvanklik is Jesus se geboorte en sy doop met die fees gevier. Later is die besoek van die wyse manne en Jesus se eerste wonder­werk (te Kana) ook bygebring. In die sewende eeu het 'n misdiens vir die jaarbegin gebruiklik geraak. Tydens dié fees is Christus as die Heer van die tyd verkondig. Gedurende die dertiende eeu het Rome die gebruik om Jesus se naamgewing en besnydenis, wat in Spanje en Frank­ryk op 6 Januarie gevier is, oorgeneem en op die nuwejaarsdag begin vier.    

Lydenstyd is ‘n seisoen van 46 dae waarin die kerk die lyding van Christus in herinnering roep en daarop reageer in voorbereiding op Paasfees. Lydenstyd wys dat Christus in ons nood ingedaal het.

Wanneer vier ons Lydenstyd?
Omdat Christene nie op Sondae, die opstandingsdag gevas het nie, begin Lydenstyd op ‘n Woensdag (As Woensdag), 46 dae voor Paasfees (40 dae en 6 Sondae). Waar hierdie Woensdag nie besondere aandag kry nie, begin sommige kerke hulle Lydenstyd op die Sondag voor hierdie Woensdag (dus sewe Lydens-weke).

Simbole, gebruike en rituele in Lydenstyd

Aswoensdag:  In dié tyd wy Christene reg oor die wêreld hulself opnuut aan Jesus Christus en raak diep bewus van die onselfsugtige, onvoorwaardelike liefde wat Hy vir ons aan die Kruis bewys het.

Daarom is dit ook die gebruik van Christene om vanaf Aswoensdag te vas. In die tyd van vas kan ek iets belangrik vir myself prysgee of sekere doelbewuste dinge doen om my te herinner....... sommige mense gee in die tyd iets prys soos koffie, TV, sjokolade, wyn (of enigiets wat ons normaalweg daagliks gebruik en gewoond is aan) en vas daarvan vir die 40 dae tot Paastyd. Ander doen doelbewus iets soos om sekere geloofsgewoontes te beoefen deur ‘n vaste tyd opsy te sit vir Bybelstudie en gebed, betrokke te raak by ‘n bepaalde projek van die gemeente of gemeenskap. Dit wat ek prysgee of doen raak ’n deurlopende herinnering van die Here Jesus se groot offer vir my en van God se groot liefde.

Die Kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Die kruis herinner ons aan die kruisiging van Jesus, ‘n teken van Sy lyding en sterwe. Sit ‘n houtkruis teen jou voordeur of in jou huis, of dra een om jou nek as herinnering aan Lydenstyd.

  • ‘n Doringkroon of spykers kan saam met die kruis dien as simbole.
  • ‘n Groot wit kers met doringdraad daarom gedraai, beeld uit hoe Christus gekom het om bevryding te bring van alle menslike nood. Oor die sewe Lydensweke kan 8 kerse gebrand word (7 vir Lydenstyd en 1 vir Goeie Vrydag). Elke week word een kers doodgeblaas om die donkerte te simboliseer, todat al 8 op Goeie Vrydag doodgeblaas is, om die donkerte van Jesus aan die kruis en in die graf te simboliseer.
  • Die kleure in hiedie tyd is somber – donker aardse kleure, veral pers.
  • Lydenstyd is ‘n tyd van her-toewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Dit is dus ‘n tyd van toerusting vir dissipelskap.
  • Die gebruik om in hierdie tyd van voedsel te vas, staan in die teken van hertoewyding. Hierdie gebruik kan met ‘n bietjie verbeelding met vrug in ons huise gebruik word. As ‘n teken van ons bereidheid om op te offer vir die evangelie, kan ons byvoorbeeld besluit om in hierdie tyd te vas van ‘n gewoonte, soos die lees van tydskrifte of die kyk van televisie. Ons kan ook besluit om van sekere voedelsoorte te vas.
  • Lydenstyd is ‘n tyd van bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Dit is ‘n tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as dié liefdesdaad van alle tye.
  • Lydenstyd is ‘n gereedmaak om vernuwing in ons lewe te ontvang.

Groot Lydensweek
Dit is die 7de en laaste Lydensweek en begin op die Sondag wat tradisioneel as Palmsondag bekend staan. Dit verwys na die intog van Jesus in Jerusalem wat gekenmerk is deur die skare wat palmtakke geswaai het en Jesus as die Messias verklaar het.

Die kleure van hierdie week verander na donkerrooi om die bloed van Jesus te simboliseer.

Vriendelike groete

Die Gasvryheidsbediening

paastydWAT IS PASE?
Pase is die hoogtepunt van die kerklike jaar wanneer ons die opstanding van Jesus Christus uit die dood herdenk. Alles wat ons doen, herinner ons daaraan dat hierdie die klimaks van die hele jaar is vir die gelowiges. Dit is byna asof die gelowiges op hierdie dag nie genoeg kan kry van die viering van die oorwinning nie, en daarom strek die viering van die opstanding oor vyftig dae.

Die belangrikheid is so sentraal in die evangelie dat dit byna onmoontlik is om ‘n Christen te wees en nie die opstanding te vier nie. Tog is dit asof die viering van die opstanding net te verrassend is, asof die verbasing hieroor te groot is vir gelowiges om dit voluit te vier. Wie die opstanding werklik ernstig opneem, sal gou vind dat dit hier om veel meer gaan as oppervlakkige goedgelowigheid in die positiewe dinge in die lewe. Die opstandingsevangelie dryf die spot met ons ongeloof en ons verkleefdheid aan die dood.

Wanneer vier ons Paasfees? Paasfees kan nie losgemaak word van die Kruisgebeure nie. Die vier dae wat begin by Heilige Donderdag en eindig by Paassondag, kan gesien word as een onafgebroke liturgie. Tydens hierdie vier dae beleef die pelgrim ‘n eksodus wat deur die dood na die nuwe lewe lei.

Op Heilige Donderdagaand word die laaste Avondmaal herdenk, gewoonlik met die viering van die Nagmaal. Goeie Vrydag is die dag waarop ons die kruisiging van Jesus Christus herdenk. Op hierdie dag word die kerke gestroop van alle versiering en simboliek. Alleen die beker en die bord is daar om ons te herinner aan Christus se bittere lyding. 

Heilige Saterdag is die een dag waarop daar geen rituele voorgeskryf word nie. Op hierdie dag dink ons aan Christus in die graf en daarom is dit ‘n dag van stille afwagting. Die stilte is nie sonder passie nie, maar vol van gespanne afwagting op die uitkoms van Christus se worsteling met die dood. Byna soos mense wat nie meer kan wag nie, is die gebruik om in die nanag op te staan en saam te kom vir die nagwaak. In hierdie donker ure is ons bewus van die stryd, maar ook van die wonder van die opstanding. Met die eerste teken van die nuwe dag, tradisioneel die eerste hanekraai (later het dit sonopkoms geword), breek die vreugde van die oorwinning plotseling deur met die aansteek van die Paasligte (meestal is dit kerse), die bediening van die doop en bevestiging van nuwe lidmate.
Simbole, rituele en gebruike in Paastyd: Dit is belangrik dat ons oorweldig word deur die wonder van die opstanding, en ons nugterheid en beredeneerdheid getemper word deur die vreugde van die feestelikheid. Hierdie is dramatiese oomblikke wat op velerlei maniere gesimboliseer word:

Die sentrale simbool met Paasfees en in die tyd daarna is lig wat deurbreek. Die opkomende son herinner ons elke dag aan Christus se oorwinning oor die dood.

In die tyd van die opstanding is musiek weer baie belangrik. Die vreugde oor die opstanding is so groot dat dit ons laat oorgaan in lofprysing.

Hoewel die Paaseier ‘n baie kommersiële Paassimbool geword het, is die bedoeling van die versierde eiers om ons aan nuwe lewe te herinner.

Lofliedere en trompetgeskal is in kontras met die stilte van die vorige dag.

In kontras met die vas van Lydenstyd, word daar in Paastyd en veral met Paasfees heerlik feesgevier deur allerlei lekkernye te geniet. Soet is tog die smaak wat ons aan die oorwinning laat dink.

Die oorwinning is nie maar net ‘n private aangeleentheid nie, maar ook ‘n openbare saak, en daarom is daar die gebruik om in hierdie tyd ‘n optog in die strate te hou met musiek en simbole.

Met al hierdie dinge herinner ons mekaar op hierdie dag aan die grootste van alle dramas: die Heer het opgestaan, die Heer het waarlik opgestaan.

Paastyd is ‘n tyd waarin nuwe lewe gevier word. Daarom is dit gebruiklik om hierdie tyd die doop te bedien en nuwe lidmate te bevestig in gemeentes. Vir ons wat gedoop is en reeds lidmate is, is dit ‘n tyd om ons doop en belydenis te vernuwe d.m.v. her-toewyding. Ons moet hierdie tyd aangryp as ‘n tyd waarin ons opnuut kan identifiseer met die drama van nuwe lewe uit die dood. So maak ons gereed in die Paastyd vir die uitstorting van die Heilige Gees. Die eksodus begin by die As-Woensdag en eindig by die vuur van Pinkster. Selfondersoek en skuldbelydenis word opgeneem in wedergeboorte, van sondebesef en die dood word ons saamgeneem op weg na die opstanding en die ewige lewe.

By ons aan die Suidpunt van Afrika, is dit herfs – dit word stadigaan weer winter. Dit lyk of die bome sterf as hulle die goue blare afgooi. Vir ons kan die natuur nou eerder wys presies hoe diep ons geval het en hoe dood ons was. Dan kan ons vreugde soveel groter wees as ons daaraan dink dat Jesus hierdie dood vir ons oorwin het deur op te staan uit die graf.  
Kleure in Paastyd: Kleur speel ‘n baie belangrike rol in Paastyd. Dit staan in skrille kontras met die somberheid van die kleure van Lydenstyd.

Op Paassondag en deur die hele Paastyd is die dominante kleure wit en goud. Kleure van oorwinning en vreugde. Ander vrolike kleure wat die glorie van Christus se heerskappy oor die dood beklemtoon, kan ook gebruik word. Dit is belangrik om ons huise en kerke in hierdie tyd met baie blomme te versier.

Datums van Paasfees?Die datum waarop dit gevier word, wissel elke jaar, omdat dit in die Christelike kerke elke jaar op ’n Sondag gevier word, en omdat die datum nie deur die (gewone) Gregoriaanse kalender bepaal word nie, maar deur die maansiklus; Paasfees word op volmaan gevier. Die heel eerste Paasfees (Jesus se opstanding) het met die Joodse Pasga saamgeval. Die Joodse kalender is ’n maankalender, vandaar die feit dat Pasga (en Paasfees) nie ’n vaste kalenderdag op die gewone kalender het nie.Die reëling oor wanneer Paasfees gevier word, dateer terug na die Konsilie van Nicea in 325 nC. Die Konsilie het besluit om Paasfees altyd op ’n Sondag te vier, reg deur die wêreld. Om dié dag maklik vooruit te bereken en nie afhanklik te wees van die maansiklus nie, het hulle spesiale tabelle opgestel om die datum te bereken. In die daaropvolgende paar eeue is dié tabelle gereeld aangepas, omdat daar toe nog van die Juliaanse kalender gebruik gemaak is. In 1582 het pous Gregorius XIII die Juliaanse kalender hersien en ook ’n nuwe Paasfeestabel opgestel. Een van die groot veranderinge wat hy ingebring het, is die skrikkeljaarreël. Geleidelik het die Gregoriaanse kalender wêreldwyd inslag gevind in westerse lande, terwyl die Oosterse Ortodokse kerke steeds die Juliaanse kalender gebruik om die datum vir Paasfees te bereken. Daarom verskil die Paasfeesdatum in Westerse kerke en Oosterse tradisies.Die algemene reël is dat Paasfees val op die eerste Sondag ná die Pasga-volmaan, oftewel die eerste volmaan wat volg op die lente-dag-en-nagewening (in die noordelike halfrond; by ons die herfs-dag-en-nagewening). Dié volmaan is nie die astronomiese volmaan nie, maar ’n kerklike volmaan (bereken met die tabelle) wat min of meer die astronomiese maankalender volg.Die kerklike reël is: 

Paasfees val op die eerste Sondag wat volg op die eerste kerklike volmaan wat op of ná die dag-en-nagewening val. 

Hierdie spesifieke kerklike volmaan is die 14de dag van ná nuwemaan.

Die dag-en-nagewening is vasgestel op 21 Maart.

Dit beteken dat Paasfees nooit voor 22 Maart of later as 25 April kan wees nie. Daar is veral drie groot verskille tussen die kerklike stelsel en die astronomiese stelsel:

Die tyd van die kerklike volmaan is nie noodwendig identies met dié van die astronomiese volmaan nie, omdat die kerklike tabelle nie volledig voorsiening maak vir die komplekse beweging van die maan nie.

Die dag-en-nagewening het ’n presiese astronomiese definisie wat bepaal word deur die beweging van die son soos dit van die aarde af waargeneem word. Dit is die presiese tyd waarop die son se ekliptiese lengtegraad nul is. Hierdie presiese tyd skuif effens van jaar tot jaar, maar by die kerklike stelsel skuif dit nie en val dit elke jaar op 21 Maart, ongeag die presiese beweging van die son.

Die datum vir Paasfees is ’n spesifieke kalenderdag. Paasfees begin wanneer daardie datum op die plaaslike tydsone begin. Die dag-en nagewening daarenteen is oral ter wêreld op dieselfde tyd.

Die Paasfeesdatums van 2010 tot 2024 is die volgende:
2010  April 4
2011  April 24
2012  April 8
2013  Maart 31
2014  April 20
2015  April 5
2016  Maart 27
2017  April 16
2018  April 1
2019  April 21
2020  April 12
2021  April 4
2022  April 17
2023  April 9
2024  Maart 31
Berekening van die Paasfeesdatum: Die reël is dat Paasfees op die eerste Sondag ná die eerste kerklike volmaan wat op of ná 21 Maart val, gevier word.

Bladsy 1 van 2

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag39
Gister69
Afgelope Week39
Afgelope Maand3258
Sedert Feb 2014430654

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton