Volgens die nuwe POPIA wet moet elke lidmaat toestemming gee dat sy of haar inligting, asook inligting van hul minderjarige kinders, vir kerk-doeleindes gebruik mag word.
Toestemming sluit in:
- Inlees van inligting op die kerk se databasis
- Verandering/wysiging van inligting soos nodig.
- Om jou naam op te sit vir die verjaarsdaglys of vir voorbidding.
- Om jou by 'n kerk WhatsApp groep te voeg,
- Om kerknuus per SMS te ontvang,
- Om Kerknuus per epos aan jou te stuur,
- Om jou naam/kontaknommer te gebruik op die kerk se sosiale media platforms (Facebook/Webblad) as jy 'n leier/organiseerder van 'n kerkaksie is - en mense moet jou kontak vir inligting.
- Jou of jou minderjarige kind se foto te gebruik, soos geneem by kerkbyeenkomste/Jeug-aksies en die kinderkerk.
Klik hier om jou vorm aanlyn te voltooi
Die volgende dokumente is van toepassing:
Besonderhede van nuwe lidmaat(e) - Klik hier vir die vorm
Bestaande lidmate kan die aanlyn vorm voltooi. Klik hier vir die vorm
MEER INLIGTING
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting: Wet 4 van 2013
Vorm 1: Beswaar teen verwerking van persoonlike inligting: PDF
Vorm 2: Versoek om regstelling of skrapping van persoonlike inligting of vernietiging of skrapping van rekord van persoonlike inligting: of PDF
Vorm 4: Aansoek om die toestemming van ’n data-subjek vir die verwerking van persoonlike inligting vir die doel van direkte bemarking: Word of PDF
Lees meer oor die Wet by https://popia.co.za