Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

God se persoonlike wil of doel vir my lewe?

Hierdie is seker een van die vrae wat baie min van ons vra en as ons dit vra dan vra ons dit baie keer eers aan die einde van ons lewe wanneer ons op ons sterfbed lê. Ons wil dan eweskielik sin maak van ons lewe en wat God daarvoor wou hê, maar ironies genoeg is dit dan te laat om enige veranderinge te maak. Soms luister ons ook te veel na ander se slim planne en dinge, wat dan nie werklik God se wil vir ons en hulle lewe is nie.

Indien jy een van die persone is wat wel hierdie vraag nou al vra, dan lê daar vir jou `n baie interessante en exciting tyd voor. Dit is amper soos `n reis wat jy aanpak, maar waarvoor jy nie kan beplan of voorberei nie. Dit is `n kronkel pad oor mooi berge, deur magtige riviere, deur digte woude en donker dieptes. Die beste van als is dat Jesus altyd reg langs jou loop. Jy stap saam met `n ervare stapper wat al deur al die ups en downs van die lewe was. Hy loop die paadjie saam met jou en hou jy hand vas.

As jy sou val dan is Hy by jou om jou weer op te help, as jy by `n afgrond wil afval dan is Hy die een wat jou weer op trek, as jy dors raak dan gee Hy vir jou water, as dit donker is dan gee Hy die lig, as jy moedeloos is dan praat Hy jou weer moed in, as jy swaarkry dan sit Hy jou rugsak op Sy rug en as jy heeltemal uitgeput is dan is Hy die een wat jou in Sy arms neem en jou dra totdat jy weer krag het om self verder te stap.

Die eerste belangrike ding wat ons moet besef is dat ons op `n reis is saam met Jesus. Ons kan dus nie in `n vinnige paar stappe God se persoonlike wil of doel vir ons lewe kry nie. Dit werk ongelukkig nie soos `n McDonalds drive-thru nie.

God se wil kan basies in drie tipes wille beskryf word. Die eerste is sy geopenbare wil of die wil wat Hy vir ons voorsien het. As ons wil weet wat daardie wil is hoef ons nie ver te soek nie, ons hoef slegs die Bybel oop te maak en daarin te kyk en ons sal dit orals daarin kry. Dit is als in die Bybel. Die tweede wil is Sy morele wil. Dit is opgesom die morele besluite wat ons neem en riglyne daarvoor vind ons ook in die Bybel. Die derde wil is Sy persoonlike wil vir ons en dit kan ons slegs weet as ons Sy eerste en tweede wil doen, naamlik, Sy geopenbare wil en Sy morele wil. Eers wanneer ons Sy geopbare en morele wil begin doen sal Sy persoonlike doel vir ons lewens duideliker word.

God se persoonlike wil of doel vir jou lewe sal dus slegs duideliker word wanneer jy met God praat, Sy Woord lees, tyd saam met ander gelowiges spandeer, Hom aanbid en aan ander getuig van Sy liefde deur jou dade (en woorde as dit nodig is).

Vra jouself ook altyd die volgende vraag af: “Hoe pas die wil wat ek dink God vir my lewe het, in by Sy oorkoepelende wil en hart vir Sy kerk?”. Die hart van God vir Sy kerk is om Sy Koninkryk, nou al, hier op aarde te laat kom en dit te bou. Ons moet nou al stukkies van die hemel hier op aarde laat val. Hoe doen ons dit? Wanneer ons vir `n arm weeskind klere of blyplek gee, dan het ons `n stukkie hemel nou al op die aarde laat ontplof. Ons as die kerk van Christus moet lig en hoop bring in `n moedelose en donker wêreld. Ons word gestuur na die swakkes, hongeres, blindes en swakkes om hulle te versorg en op te bou en om hulle dissipels te maak.

Dalk kon hierdie post jou help op jou journey om God se volmaakte wil vir jou lewe beter te verstaan of om dit te kry.

Hier is nou `n geleentheid om te hoor wat God vir jou wil sê, gaan lees die onderstaande tekste en laat die Here toe om met jou te praat deur Sy Woord:
Jes 29:13-14, Hand 5:29, 1Kor 3:19-20, Fil 3:13-14, Matt 11:28-30, 2Tim 2:11-13,
Matt 6:9-13, Matt 9:35-38, Matt 28:18-20

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag103
Gister186
Afgelope Week772
Afgelope Maand2002
Sedert Feb 2014419475

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton