Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

DIE KOSKAS VIR  BEHOEFTIGE GESINNE

Ons koskas kan op twee verskillende maniere ondersteun word:

  1. Kosmandjies wat in die wyke omgestuur word.  Dit word dan deur die Dienswerkers/Wyskverteenwoordigers na die kerkkantoor toe gebring.
  2. Mannasakke wat by die voorportale in die kerk is. Daar is elke Sondag leë inkopiesakke (Mannasakke) by die deure beskikbaar met ‘n lysie van benodigdhede vir behoeftiges daarin.  Die sak word dan geneem en die volgende Sondag teruggebring met R20 se items.  Daar sal voortdurend sakke beskikbaar wees by die deure asook ‘n houer om dit in te plaas.

 
DIE SNUFFELMARK

Wil jy ontslae raak van al jou ou klere en Wit Olifante in die huis?   Bring dit vir ons Snuffelmark. Verkope is elke laaste Wo. van die maand in die kerksaal.  Marquerite Kies en al die helpers verwelkom en sê baie dankie vir al die skenkings vanaf die gemeente. Baie projekte vir die kerk kon al afgehandel word met hierdie fondse!    Dit help om te help!!

HUIS  JAN  SWART (021 854 7215)

Woensdagoggende: 09:00 – Biduur
Geskenkpakkies, Besoeke; Voogskap vir Bejaardes.

ONS ONDERSTEUN OOK :

CANSA & CANSA RELAY;  PATCH; HELPENDE HAND SOLIDARITEIT;  SW NAGSKUILING;  HALI TRUST;  UKUKHANYA VIR MISHANDELDE VROUE & KINDERS;  STREET PEOPLE CENTRE;  DIE ARK VIR MANS; HUIS HORIZON;  RAPE CRISIS CENTRE;  ENKEL OUERS HELPENDE  HANDE;  
ACVV BRIGHT LIGHTS EN VELE, VELE  MEER!!!!

Navrae by Kerkkantoor @ 021 853 5991 of stuur epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Berading word aan ons Gemeentelede gebied wat hulp nodig het. Hierdie bediening bied ondersteuning, bemoediging,  heelwording, vrymaking en herstel aan behoeftiges deur die krag en genade van ons Here Jesus Christus. Die bediening bestaan uit passievolle beraders wat beskikbaar is by elke geleentheid en bediening om jou hande te neem. Kontak gerus ons Kerkkantoor @ 021 853 5991 vir 'n afspraak of meer inligting.
Of stuur 'n epos na: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons wil jou baie graag bystaan.

 

Fokus op die geestelike, emosionele en fisiese versorging van mense binne en buite die gemeente sodat hulle alles kan wees wat God hul geskape het om te wees. Die volgende hulp word verskaf deur die bediening:

  • Huwelike

Huweliksverryking
Huweliksberading
Huweliksvoorbereiding

  • Berading
  • Gasvryheidsbediening

HuwlikeLourensrivier Gemeente is toevertrou tot bevredigende, God-verheerlikte huwelike en ag gesonde huwelike as ‘n kardinale aspek in die Koninkryk van God. Daarom is die huweliksbediening daar om elke huwelik te help om alles te wees wat God hierdie instelling gemaak het om te wees.

Huweliksverryking:
Dit is belangrik om gereeld huweliksverrykingsseminare by te woon. Hierdie seminare is saamgestel uit jare se ondervinding, studie en kennis en kan verhoed dat pare dieselfde foute maak wat mense alreeds begaan het. Dit leer mens ook wyshede en kennis vanuit die Woord oor hoe om ‘n Goddelike huwelik te hê.
Kontak die kerkkantoor vir inligting rondom seminare wat beplan word of om op datum te bly met seminare in die omgewing (021 853 5991)

Huweliksberading:
Soms het mens hulp nodig van ‘n mede-Christen wat as instrument in God se hande jou kan help om jou huwelik te bou.  Daarom verskaf ons huweliksberading vir pare wat dit nodig het.
Kontak gerus die Kerkkantoor (021 853 5991) vir meer inligting of om 'n afspraak te maak met die Pastorale Beraders wat beskikbaar is.
Klik op hierdie skakel vir hulp.
Klik op hierdie skakel vir insiggewende Huweliksartikels wat jou sal help om jou huwelik te bou.
Klik op hierdie skakel vir die Faceboek bladsy: MY HUWELIK IN PRAKTYK vir huweliksraad en bemoediging


Huweliksvoorbereiding:

Vandag, meer as ooit, is dit noodsaaklik dat jy moet voorberei vir die belangrike lewenslange taak om aan ‘n Christelike huwelik en jou verhouding met jou lewensmaat te bou.

Die een kursus wat aangebied word is  "Voorbereiding vir die Huwelik".  Die kursus is ontwikkel deur “FamilyLife” en is ‘n dinamiese program wat ontwikkel is om jou te help om die fondasie te lê vir ‘n sterk, Bybelse huwelik.  Ons het toegewyde en goed opgeleide egpare wat dit aanbied.  Die kursus duur ±6 weke (een uur per week).

Ons bied ook die "Prepare and Enrich" kursus van FAMSA aan.  Dit word deur 'n opgeleide pastorale berader/sielkundige aangebied.
Lees meer oor die kursus hier: http://www.famsawc.org.za/marriage-preparation-and-enrichment

Om een van hierdie kursusse te doen, kontak gerus die kerkkantoor by 021 853 5991 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

Die lede van die gasvryheidsbediening se hartklop is om mense tydens samekomste te verwelkom en deel te laat voel. Hul ryk uit na elke nuweling of persoon wat nog nie ingeskakel het nie. Ons het ook ‘n Span wat Sondae na die erediens Koffie en Tee bedien met genoeg glimlagte, vriendelikheid en liefde om jou op te beur vir die hele week tot die volgende Sondag.
Navrae: 021 853 5991 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bladsy 3 van 3

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag42
Gister69
Afgelope Week42
Afgelope Maand3261
Sedert Feb 2014430657

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton