Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Die lewe en wêreld van Thys Wilkinson, BC (Before Christ)
 
Net kortliks hoe my lewe verloop het tot 30/4/08.
 
Vriende, drank en rugby het my lewe oorheers tussen 18 en 38. Tussen deur moes ek darem vrou ook vat en was ek vir 'n kort periode verloof aan iemand wat net so hard gekuier het soos ek. 'n Vrou so na my hart. Dit was nooit haar skuld dat ek so gekuier het nie.... dis my keuse maar dit het daartoe gelei dat ons uitmekaar is in 1995.
Nou was die honde eers los!  Robbie Wessels sing "Hou vas jou matras, want De Vos is weer los".... kyk nou is Thys heeltemal los sonder enige matras.
 
Dieselfde jaar ontmoet ek vir Madalene (my vrou) deur ander vriende. Die res is geskiedenis... Ons is in 1997 getroud en in 2000 is Matthys Jnr gebore. Verantwoordelikheid? Wat is dit!!??  Thys lewe nog steeds dieselfde lewe asof hy 20 jaar oud is. Daar was tye wat sy wou loop, maar iets het haar terug gehou...(seker my lang hare).  Ken jy vir “man sy sal weer oor dit kom"?  Daar was nooit geld vir die regte dinge nie, maar vir Lawaaiwater altyd!
 
Laat nagte uit saam met die manne en 'n vrou wat alleen haar seun moes groot maak het maar sy pad verder gestap. Kerk! Ja, ek moes seker my gesig gaan wys... dis die regte ding om te doen.... Gelukkig het God ander planne gehad met hierdie swaap. Op 30/4/08 word ek wakker met 'n duidelike boodskap van God  "Kry jou lewe reg".
 
Ek en Madalene het hieroor gepraat en ons het saam besluit ek moet die dominee gaan sien. My oorlede skoonpa het baie van Leopold gepraat so kom ek ”try” hom ook (is ook maar met min tevrede).......Ons 1ste afspraak was 'n riller wat Mr Video nie het nie. Die ou bid vir my in Smiling Oven voor 'n klomp mense!!!!!!! is hy mal!!!!!??
 
Twee dae later beland ek by my hart se punt, Jacques de Klerk. Dieselfde week doen ons 'n oorgawe en my lewe begin verander met God se genade. Finansies was op daardie stadium 'n groot probleem in ons lewens en ek en my vrou moes bly glo en vertrou dat God sal sorg, hou net aan volhard.
 
As die man in die huis moes ek een aand my trots sluk toe ons selgroep 'n klomp kruideniersware vir ons bring, so sleg het dit gegaan. Ek moes leer om nederig te wees en om nie God se liefde weg te stoot as hy dit deur ander mense vir ons gee nie. Vir 'n man soos ek was dit moeilik om deur dit te kom...... "wat gaan die mense sê " eerder as om te se kyk wat doen God!!!!!!!!!!!!
 
Januarie 2009 gee God vir my ander werk vir amper dubbel die salaris wat ek toe verdien het. Ek het ook geleer om te huil want nou leer ek te veel van God se genade vir 'n sondaar soos ek!  Die pad tot vandag was nie altyd maklik nie en daar was tye wat ek gevra het wat help dit tog om te bly glo as die vyand my bly verniel elke dag. Dinge by die werk is toe nie so rooskleurig soos die salaris nie.........Nog steeds het God ander planne!
 
Al wat ek moes doen was om 'n voorbeeld te stel en ‘n lewe te lei wat getuig van dit wat ek glo. Een oggend vra die werkers my of ek nie die dag met skriflesing en gebed sal begin nie!!!!  Ons doen dit vandag nog!!!  Elkeen van hulle het 'n dagstukkie boekie by my kom neem toe ek dit vir hulle aanbied.

Is God nou klaar met my, ek doen mos nou wat Hy gevra het.......Nee ou Thysie jy begin nou eers.......!
 
Ek en my groot vriend (letterlik en figuurlik), Basil, is saam deur dieselfde seisoen vir 'n rede en ons het bymekaar uitgekom a.g.v. 'n manne kamp wat Lourensrivier aangebied het (dankie Here daarvoor anders sou ons seker nooit mekaar leer ken het nie).  God het 'n plan met ons twee saam net soos wat ons is.  Hy wil nie hê ons moet iemand anders wees nie, net Thys en Basil. Gaan en maak mense My dissipels!!!!!!!!!!
 
Wat 'n wonderlike voorreg om vir God te kan werk. Vergeet van die swaar kry,  "enjoy the ride".
 
Aan elke man: Waardeer jou vrou, jy verdien haar nie, God het haar vir jou gegee! Myne was vir 11 jaar geduldig met my..... ook net omdat sy een van God se menslike engele is en omdat sy gehoorsaam was aan Hom.
 
Alle eer aan ons Skepper dat Hy my gered het en dat ek vandag kan begin teruggee. Dankie aan elke persoon by Lourensrivier wat 'n aandeel gehad het in my wedergeboorte.
 
Amen!
 
Thys Wilkinson

RutTERUGVOERING: RAPHA VROUEGROEP Soooooooo………. Wat het ons wys geword sommer al so in die eerste Hoofstuk van Rut en die 2de hoofstuk van ons boek??

  • Wel, dat ons nie altyd weet wat God se wil vir ons lewe en ons dag-tot-dag besluite is nie….
  • En dat ons nie altyd mooi hoor nie, al soek ons Sy wil …..
  • En hoe weet ek nou of dit SY wil is of dalk my eie………

Goeie nuus!
Ons kan beslis weet as ons die “goue reëls” in Sy Woord leer ken en daarop fokus. Hier is ‘n verkorte weergawe van die drie tipes “WIL VAN GOD” wat daar is:

Stof af jou Huwelik

STOF AF JOU HUWELIK:
Gedagte deur Annalise Wiid

Liefde

Liefde is het enige sprookje dat eindigt met "er was eens..."

Wat 'n "sad" en somber spreekwoord, Here!

En ongelukkig te dikwels ook so ontstellend waar. Ons stamp ons telkens
kneusblou teen die sprokieskerwe.

Hoe is dit dan dat ons so sukkel, Here, so swaar leer aan die liefde? So
dikwels faal?

So intens begeer en dan so vreeslik stukkend breek?

So vurig begin en dan so koud eindig? Of so ongemerk afkoel en dan vir jare,
jare net so semi-smeul – nie koud nie, nie warm nie, net lou en vervelig,

sonder vlam of selfs vonk,

in 'n betekenislose bestaan...

Durf ons U vra om halfdooie vure weer aan te blaas

met dieselfde asem waarmee U eens

lewelose skeppingstof tot 'n lewende Adam ge-asem het?

Of is die aanvuur iets wat ons self moet doen?

Is dit dalk 'n wisselwerking tussen ons en U?

Is die liefde wat U in ons harte uitgestort het dalk

lewenslange voorraad

wat opvlam of smoor na gelang van ons

oopmaak of toehou vir die voedende suurstof van u Gees?

Ek dink dis die ding, Here:

Ons verstaan nie aldag die liefde nie.

Want die liefde is soos U:

onpeilbaar, veelkantig, onkoopbaar en verrassend goed.

Leer ons, strompelende siele, om met ontsag en verwondering daarmee om te gaan
-

soos met U – in 'n gedurige bewustheid van voorreg en genade.

Leer ons om verhouding-gewortel daarin te groei,

daaronder te skuil,

daaruit te leef,

daarvan te deel,

daarvoor te offer,

daarmee te dans,

daaroor te waak!

Here, hier tussen die sprokiesplinters,

soek ons maar immer weer by mekaar 'n egte soort liefde.

'n Liefde wat laat lewe – wat blymaak, en heel.

'n Liefde wat klop met U hart.

En wat nooit eindig nie...

 

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag42
Gister69
Afgelope Week42
Afgelope Maand3261
Sedert Feb 2014430657

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton