Die huweliksverbond (s.nw.) huweliksband, egverbintenis.
Dit is 'n permanente bindende en duursame ooreenkoms wat tot die dood gestand bly, maar kan ook verder voortbestaan deur die nageslag wat die beginsel eerbiedig en daarby hou!
Mat. 19:4 (NV) En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, (5) en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;
(6) sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. (ook Mark 10:2-12 & 1 Kor 7:15)
God is getuie . . .
As 'n huwelik voltrek word, moet daar getuies wees. In die vrae van die Formulier word aan die paartjie gevra: “Verklaar u voor almal hier teenwoordig ...”
Ná die huwelik moet twee getuies teken dat die huwelik wettig gesluit is. Al is hierdie getuies egter hoe betroubaar, kan hulle nie in die hart van die paartjie inkyk om vas te stel of die "Ja" van die bruidspaar werklik eg is nie.
Nee, by elke huwelik is daar 'n dringende behoefte aan 'n Getuie wat die harte kan deurvors (deursoek).
Daardie Getuie is God. Maleagi stel dit baie duidelik: "Omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond." (2.14).
Die verbond wat God met Abraham uit genade gesluit het (vgl. Genesis 15) is 'n EWIGE verbond, onverbreekbaar. Nieteenstaande die sonde van die mens, hou God Sy verbond in stand.
Volgens Maleagi is die huwelik ook 'n verbond — 'n verbond tussen man en vrou waarvan God getuie is. Daarom is dit onverbreekbaar (Mattheus 19.6).
Hierdie huweliksverbond is 'n gawe van God aan die mens.
Maar dit bevat ook 'n sware eis, naamlik dat ons God bo alles moet liefhê. Dat ons mekaar
as man en vrou vurig moet liefhê.
'N GAWE VAN CHRISTUS SE VERHOUDING MET SY BRUID.
Die beste hulp wat getroude mense aan mekaar kan gee is om mekaar te help om nader aan God te leef. Daar is geen groter alleenheid as om sonder God te leef nie.
Die huwelik wat dus 'n voortdurende herinnering is aan Christus se saamwees met en trouwees aan Sy gemeente, is 'n onbreekbare band, 'n verbond.
- Trefslae: 6330