Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Hoe leef ons in God se Wil?

RutTERUGVOERING: RAPHA VROUEGROEP Soooooooo………. Wat het ons wys geword sommer al so in die eerste Hoofstuk van Rut en die 2de hoofstuk van ons boek??

  • Wel, dat ons nie altyd weet wat God se wil vir ons lewe en ons dag-tot-dag besluite is nie….
  • En dat ons nie altyd mooi hoor nie, al soek ons Sy wil …..
  • En hoe weet ek nou of dit SY wil is of dalk my eie………

Goeie nuus!
Ons kan beslis weet as ons die “goue reëls” in Sy Woord leer ken en daarop fokus. Hier is ‘n verkorte weergawe van die drie tipes “WIL VAN GOD” wat daar is:

God se Soewereine wil
Dit verwys na Sy volmaakte plan vir die ganse heelal en vir alle tye. Dit kan nie verander nie!
Profesie is deel van God se soewereine wil (Sy geboorte, kruisiging, opwekking ens.)
Alles wat Hy geprofeteer het sal vervul word (Jes 46:40)
Ons is elkeen verantwoordelik vir elke besluit wat ons neem. God skend nie ons wil of neem ons vermoë om besluite te neem weg nie.

God se morele wil
Die hele Woord van God is vol van God se morele wil vir die mensdom (alles wat goed is, mooi is, edel is, rein is…..).
Voorbeelde: 2 Kor 6:14-15; 1 Tes 4:3; Fil 4:4-9; 1 Tes 5:16-22; Gal 5
As jy dit lees sal jy oplet dat meeste van hierdie riglyne te make het met die feit dat jy die regte ingesteldheid (gesindheid) moet hê.
Dit begin met die 10 Gebooie en word saamgevat in Matteus 22:37-39 (Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, en met jou hele siel, en met jou hele verstand…. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself)
As ons Hom WERKLIK liefhet, SAL ons mos hierdie morele riglyne van Hom wil nakom om Hom te behaag.
Die doel van God se morele wil is nie om ons lewe te beperk nie, maar om dit beter en mooier te maak.
Hy dwing ons nie om Sy morele wet na te kom nie….. ons besluit self.
Om egter te kies om dit na te kom, sal ons verhouding met Hom versterk.
Om God se morele wet na te kom, waarborg dat ons vrede sal beleef, maak nie saak hoe stormagtig omstandighede raak nie. Die beste manier om te leer wat Sy morele wil is, is om INTIEM bekend te raak met Sy Woord (die Bybel). God se wil vir ons as individue
Die derde aspek van God se wil het te doen met die individuele keuses wat ons maak….. Bv. Wanneer ons ons huweliksmaats kies.
God het ‘n plan vir ons elkeen.
Hy lei ons in Sy plan deur die Heilige Gees wat in ons woon, soos ons dag vir dag besluite neem.
As ons binne God se morele wil leef, sal Hy ons voetstappe rig terwyl ons ons planne maak, omdat Hy behae het in elke besonderheid van ons lewens!

Hierdie boek waarmee ons besig is (Leef in God se Wil), sal ons meer hieroor leer

DUS!!! As jy nou nuuskierig is, mag jy nie ons volgende kuiertjie mis nie………….


 

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag20
Gister130
Afgelope Week758
Afgelope Maand150
Sedert Feb 2014422117

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton