Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Ek weet ons mag nooit vra hoekom

Maar ek vra Here hoekom

Kry mense wat iets beteken

Van ons weggeneem en dinge ontreken

Maar mense wat moor,

Wrede dade waarvan ons hoor

Word daagliks gespaar

Meermale oor en oor

Dan vra ek tog maar

Waar is dan regverdigheid

Om U besluit

Hoekom gebeur dinge dan

Sus of so

En ons het die Here se genade van bo

Hoekom dan is daar

So baie pyn en seer voorwaar

En word dit ons nie gespaar

Ek hoor baie keer wat jou nie doodmaak nie

Maak jou net sterker weer

Maar dan moes ek al sterker as
Simson gewees het

Met alle wat ons deur is

Kla sal ek nie

Vra ook nie weer al

Maak dit my ook mal

Vergewe seblief Here

Ons is maar net mense van nature is ons vol vrae

Dankie Here dat ons kan huil en lag

Ek kan vrae vra!!!


-Andre-

Dit is seker die seerste seer

Om nog weer ‘n keer

Toe te kyk

Hoe iemand se lewe wyk
hoe ‘n persoon swakker raak

Al probeer jy daarteen waak

Niks wat jy kan doen

Jy voel soos ‘n vrot pampoen

Jy kan elke dag sien

Wat daai persoon nie verdien

Hoe die ganse lewe

en die lus om te lewe

verder wegkwyn

soos mistigheid verdwyn

jy kan sien die seer

deur leë oë en die siel verteer

staar na jou maar

jou nie regtig raaksien

dit kan nou maar

‘n slag einde kry en miskien

Wonde genees of

‘n gebreekte gees

Kan die liewe so vreed wees

Versoorsaak net pyn in hart,

Siel en gees...

-Andre-

Wonderlik is U o, Heer

Om aan ons te gee keer op keer

Elke nuwe dag

Sondes te vergewe elke vrag

Om ons emosies te gee

Lag, trane of geluk
ons die vrugte kan pluk

Om aan ons te gee

Die son, maan, aarde en see

Alles om ons heen

Van U aan ons geskenk

En ons breek af en verniel

Na hartelus

Maar U vergewe elke keer

Dan probeer ons maar weer

Wanneer sal ons tog leer

Aardse dinge het geen

waarde by onse Heer

Maar liefde en ons harte

en dade tel baie meer

Vergewe ons seblief maar weer

Want ons is almal sondaars Heer

Help ons om alles reg te doen
en deur U liefde en vergifnis

Met mekaar te kan versoen

Dankie dat U altyd daar is

Ons lei en by ons bly

Dankie Heer!!! -Andre-

Gebed van ‘n kind (onskuldig)

Dankie Liewe Heer

Vir mamma, pappa, boete en sussie ook

Dankie vir kos in ons maag

Dankie vir my hondjie, “Stompie”

Dankie liewe Jesus

Amen

O ja, en dankie vir

Oupa en Ouma

Amen

O ja, en dankie vir my maatjie Jan oorkant die

Straat

Amen

O ja, en liewe Jesus help

Ons more deur die dag, dankie

Amen -Andre-

Almal maak altyd motorfietsryers sleg,

Maar die feit is hulle is ook mense met ‘n reg

Deesdae se motorfietsryers

Is dokters, prokureurs, dalk predikante

Die manne met die nodige
fondse om dit te bekostig

En hier volg ‘n “bikers prayer”

Liewe Heer vandag

Moet U ons lei ‘n slag

Wees met ons op die oop pad

Sonskyn, wind of nat

Laat U ons ons bestemming haal

Wees met ons op vlaktes deur berge en deur draaie

Lei ons op al die paaie

Hou U hand oor ons

Laat dit oor ons ophou gons

Ons is doogewone mense

Wat vryheid geniet en vervul ons wense

Wees met ons elke slag

Wanneer ons ry dag na dag

Alle dank aan U o, Heer

Vir beskerming keer op keer

Dankie liewe Heer

Amen -Andre-

Bladsy 1 van 3

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag38
Gister69
Afgelope Week38
Afgelope Maand3257
Sedert Feb 2014430653

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton