Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

US-1-Boonzaaier-Derick

Derick Boonzaaier is in 1973 gebore en begin sy beroepslewe as stadsbepanner voor hy later Teologie begin studeer het. Hy verwerf sy BA Teologie in 2005 en BTh plus Grondtale in 2013 aan US. In 2019 voltooi hy ’n MBA, word gelegitimeer as diensleraar in Maart 2020, en voltooi die MTh Bedieningspraktyk en lisensiaatvereistes einde 2021. 

Derick is al sedert die vroeë 1990’s in die NG Kerk en elders betrokke in bediening met musiek, prediking, berading, opleiding, kampe, ensovoorts. Vanaf April 2020 dien hy met groot vreugde as leraar by Ottery NG gemeente, met Kenridge NG gemeente se seën. By Kenridge help hy as een van die musiekleiers sedert 2015, en die laaste paar jaar ook met begeleiding van byeenkomste en ’n Bybelskool vir Tygerberg Mediese Kampus, asook met die versorging van seniors tydens Covid. Tydens die pandemie begin hy Care4Carers, ’n nasionale aanlyn trauma beradingsnetwerk om hospitale en personeel te ondersteun, en bestuur daarna die Wes-Kaapse tak van die nie-regeringsorganisasie HospiVision vir ses maande, met fokus op hospitaal-pastoraat en die lei van die veranderingsbestuurproses. 

Gemeentes waar hy net voor Covid betrokke was met prediking en musiek sluit in Kuilsrivier-De Eike en Brackenfell-Proteahoogte. By Durbanville Moedergemeente lei hy musiek by jeug- en familiedienste (2003-2004), asook aanddiensmusiek en prediking (2010-2012). Tydens 2004-2006 was hy voltyds predikant by Logos-gemeente, met fokus op jeug en musiek. NG Durbanville-Bergsig het hom vir prediking en musiekbediening gekontrakteer van Mei 2007 tot einde 2012 (insluitende vier maande se instaan as prediker vir ds Teyo Smit na sy aftrede). Derick is op die skoolverlaterskampbestuur- en aanbiddingspan, en gaan in 2022 ook betrokke wees by Stellenbosch se eerstejaarskamp. 

Sy passie is prediking, pastoraat, jongmense, strategiese bestuur, spanbou, en musiek. Hy het ondervinding in alle fasette van bediening, insluitende begrafnisse, huwelike (huweliksbevestiger vanaf 2005), hospitaalbesoeke, siekeversorging, traumaberading, ensovoorts. Buiten stadsbeplanning het hy ook ervaring as besigheidseienaar, projekbestuurder, direkteur, algemene bestuurder, operasionele bestuurder, kliëntediensbestuurder en logistieke bestuurder vir plaaslike en internasionale maatskappye, insluitende plasings in die buiteland.  (Inligting soos in die Kerkbode)

Derick is getroud met Rouche, en is pa van ’n tiener seun en 'n dogtertjie. Derick is in Januarie 2023 by NGK Lourensrivier-Strand bevestig.

  • 082 333 6012
  • Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kantoor: 021 853 5991

 
 

ADVERTEERDERS

'n Groot dank aan al ons adverteerders, wat in vanjaar se kerkkalender adverteer. Kom kry gerus 'n nuwe kalender by die kerkkantoor en geniet die pragtige foto's en unieke uitleg!

Dankie ook aan diegene wat deur die jaar inkoop om by ons te adverteer.

Klik hier vir 'n dokument vir al die adverteerders.

Vir navrae vir spasie in die 2025 kalender, stuur 'n epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

 

Sukkel jy met depressie, vreugdeloosheid, moedeloosheid en voel jy hulpeloos?

Ervaar jy huweliksprobleme wat jou oorweldig; sukkel jy om mense en jouself te vergewe; hou die verlede jou terug om alles te wees wat God jou geskape het om te wees?  Het jy in die verlede of onlangs trauma ervaar?  Of het jy net iemand nodig om mee te gesels en bid?  Ons wil jou baie graag help.

Ons het verskeie gekwalifiseerde Christelike beraders waarnatoe u verwys kan word.            

Ons het ook ons eie gratis Beradingsentrum en wil u graag bystaan.

Skakel Jackie Strauss (kerkkantoor) by 021 853 5991

Baie welkom by Lourensrivier Gemeente!

Mag jy ‘n ware geestelike tuiste by ons vind en die liefde van Jesus permanent hier ervaar! Ons gemeente is betrokke in verskeie afdelings van ons gemeenskap, konstant besig om die liefde van Jesus uit te leef en Sy genade te verkondig en ons poog om ons missie van oorgee,omgee en aangee in alle afdelings uit te leef.

Ons gemeente bestaan uit 27 wyke asook die Satelietwyk, maar omdat ons omgeegroepe het, kan jy meer mense makliker en gouer leer ken in ‘n kleiner groep. Hier ondersteun en bemoedig ons mekaar en kan jy geestelik groei.  

Kyk ook gerus op Sondae uit vir lede van ons Gasvryheidsbediening wat jou sal verwelkom en vir jou meer inligting kan gee oor die gemeente en jou direkte vrae sal probeer beantwoord.

Daar is boekies by die twee hoof-ingange waarin jy jou besonderhede asook versoeke kan skryf, waarna ons jou met graagte sal kontak.

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag42
Gister69
Afgelope Week42
Afgelope Maand3261
Sedert Feb 2014430657

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton